Monsterwiele vir Max se renbaan

?Elke dag kom ?n vrou verby met ?n emmer en ?n bak. Het jy die dag ?n ietsie in die gatsak koop jy maar. Of ?n paar van ons maak ?n las, gaan koop afvalvleisies by ?n nabygeleë slaghuis en die vorige dag se ou Brötchen by die groot winkel om die hoek. So wag ons maar.?

So klink ?n alternatiewe draaiboek vir die rolprent Mad Max 4 wat tot ná die winter in die Namib, in die besonder die Dorobpark, verfilm gaan word. Die verhaal word deur die dosyne mense in die ry voor die ou munisipale gebou van Swakopmund geskets. Van hulle wag al langer as twee weke daar. Dit net om ?n tydelike werkie by die fliekmakers te kry.

Hulle vertel dat feitlik al die werksoekers ?n ogie op die vervoerkomponent van Mad Max 4 het. Van hulle het hul eie vragmotors, minibussies en ander rygoed wat hulle wil verhuur. Ander beskik weer oor rybewyse vir die vervoer van gewone motors, maar selfs ook swaar vragdraers. ?Ons het die papiere,? het een beweer.

In dieselfde asem is daar egter ook op ?n voortrekkery deur die werkgewer geskimp. So is daar byvoorbeeld geen orde in die rye hoopvolle kandidate nie. Van binne die gebou kom die stem oor wie volgende te woord gestaan gaan word. Van die mense wat ingeroep word, staan doer agter in die ry, het een man gesê wat nou al dae ?n beurt afwag.

Oor ablusiegeriewe is beweer ?n ?klein hokkie? is wel vir die rystaners op die perseel van die ou munisipale gebou ingerig. Feitlik deur die bank is ontken dat hulle wag om as byspelers opgeneem te word. ?Nee, ekstras se beurt kom eers later. Dan moet jy die samedromming sien. Wat jy nou hier sien, is nog niks nie.?

Oor die vrou met die emmer en die bak is vertel dat sy gaar aartappels met ?n sous en vetkoek aan die mense in die ry verkoop. In die emmer is weer ?n tradisionele mengeldrankie van vrugte en melk. ?Nie tombo nie.?

?n Bewering dat Mad Max 4 basies by drie plekke verfilm gaan word, is met hewige ontkennings begroet. Dis nie net die omgewings van Kruiskaap, Goanikontes en agter die duinebank tussen Swakopmund en Walvisbaai nie. ?Dis eerder 18 verskillende plekke,? het ?n vrou gesê. ?Weet jy dat die rolprentmakers ?n hele renbaan in die woestyn gaan bou om van die tonele te verfilm??

Dan wag hulle maar.

Kategorie: 

Facebook kommentaar