Advertensie
Advertensie

Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Lesers 2010


Kyk saam!

Moorddossier


Advertensie
Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

03.09.10

Jaagtog soos op TV eindig in chaos

02.09.10

Sinnelose geweld

30.08.10

Windhoeker se kiekie laat vandale se turf sit

31.08.10

Meer as 60 ongelukke in vyf dae

01.09.10

Moles in München

29.07.2010

Moenie vrae oor dié staatskarre vra

© Floris van Schouwenburg

DIE Regering se nuwe vloot voertuie vir hoogwaardigheidsbekleërs was gister in ’n waas van geheimhouding gehul, ondanks die feit dat die voertuie gereed is om afgelewer te word.

By die vertoonkamers van M+Z Motors staan ’n plaat van die spoggerige E-reeks Mercedes Benz motors en wag vir hul nuwe base – reeds met die kenmerkende groen registrasienommers.

Maar die Ministerie van Werke en Vervoer het gister nuwe betekenis aan die begrippe “ondeursigtig” en “geheimsinnig” gegee deur te weier om enige vrae te beantwoord.

Die permanente sekretaris, mnr. George Simaata, se persoonlike assistent, mnr. Isai Haikela, wou by navraag nie eens sê hoe oud die bestaande voertuigvloot vir die hoogwaardigheidsbekleërs is nie, nog minder wou hy sê hoeveel motors aangekoop is, teen watter prys, of hoeveel maatskappye vir die kontrak getender het nie.

Die Ministerie van Werke en Vervoer het vanjaar in die nasionale begroting N$123 460 000 bewillig vir die aankoop van nuwe voertuie, wat nie net ministeriële motors nie, maar ook ander voertuie vir die staatsgarage insluit.

Volgens M+Z Motors was die voertuie se veiligheidseienskappe hoog op die Regering se prioriteitslys in die keuse van voertuie vir hoogwaardigheidsbekleërs.

Sensors in die betrokke voertuie sluit in radar- en kamera-tegnologie wat vooruit die voertuig se omgewing kan monitor.

Dit bepaal onder meer of die voertuig te naby aan die voertuig voor in die pad ry en waarsku die bestuurder.

Spesiale hoofligte verseker ook dat die pad in die nag goed verlig word. Vir aankomende verkeer of vir ’n voertuig voor in dieselfde baan, pas die ligte outomaties aan om die verblinding van ander padgebruikers te voorkom.

Wanneer daar geen ander padgebruikers in die omgewing is nie, kan die hoofligte se reikwyde tot 300 meter ver strek.

Die nuwe voertuie beskik ook oor ’n uiters gesofistikeerde remstelsel, stelsels om ongelukke te voorkom en veiligheidseienskappe om in gevalle waar ongelukke wel voorkom, passasiers en ander padgebruikers te beskerm.