23.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

20.01.2012

Mbanderu's gedenk Munjuku se afsterwe

© Uerikoha Tjijombo
Meer as honderd lede van die Mbanderu-gemeenskap, meestal vroue, het die herdenking by huis van Adjunkminister Kilus Nguvauva bygewoon.

“ONS is deel van die inwoners van ’n land waarin die Grondwet die pilaar van geregtigheid is, en ek rig ’n versoek tot julle om jul volle ondersteuning daaraan te gee.”

Dit is die versoek wat mnr. Kilus Nguvauva, Adjunkminister van Visserye en Mariene Hulpbronne, tydens die herdenking van opperhoof Munjuku Nguvauva II se sterfte tot sy ondersteuners gerig het.

Die groep in die Mbanderu-gemeenskap wat Nguvauva as die enigste kandidaat vir die opperhoofskap geoormerk het, het Maandagaand by die Adjunkminister se huis in Soweto, Katutura, ter herdenking van opperhoof Munjuku Nguvauva II se sterfte byeengekom.

Volgens Nguvauva is die Mbanderuvolk ’n verlore stam wat ’n leier verloor het en graag een wil hê, maar dit gee hulle geen rede om ’n kortpad na die insweringplegtigheid te neem nie. Om die toehoorders te bemoedig, het hy hulle op ’n geestelike toer geneem van al die hofsake wat in hul guns beslis is.
© Uerikoha Tjijombo
In Maart 2008 is die Mbanderugrondwet uitgedaag deur die ander groep wat tans onder me. Aletha Nguvauva se leiding is. Die Kilus Nguvauva-groep het die appèl gewen. In dieselfde jaar het die opperste raad ’n verbod geplaas op herdenking op Okahandja en Okeseta tot tyd en wyl die dispuut oor die leierskap opgelos is. Die Aletha-groep het die verbod geïgnoreer en hulle is deur die polisie verbied om die herdenkingfees op Okahandja te hou. In Junie 2010 is die Aletha-groep deur middel van ’n hofbevel verbied om hul vergadering by die tradisionele hoofkwartier by Epukiro Pos 3 te hou. Nadat die lyk van mnr. Piet Nguvauva vir 40 dae in die lykhuis was omdat hy volgens die Aletha-faksie nie kwalifiseer om by een van die stam se onskendbare plekke begrawe te word nie, is die liggaam ná ’n hofbevel op Okahandja begrawe. “Met al dié lê dit voor die hand dat ons op die regte pad is,” sê Nguvauva.
© Uerikoha Tjijombo
Mnr. Kilus Nguvauva tydens die herdenking van sy pa, wyle opperhoof Munjuku Nguvauva II, se afsterwe.
Volgens mnr. Ripuree Tjozongoro, senior tradisionele raadslid van die Windhoek-distrik, was Munjuku Nguvauva II iemand wat rondbeweeg het, gevolglik sal die herdenkingsgeleenthede van sy sterfte ook van plek tot plek beweeg.

Nguvauva II wie se sterfte ’n leemte in die leierskap van die stam gelaat het, was op 10 Oktober 1960 as opperhoof van die Mbanderu’s sonder enige teenstand op Epukiro Pos 3 ingesweer. Hy is op 16 Januarie 2008 oorlede.