Van Mad Max 4 se rygoed in die Namib. Van die monsteragtige tuie vir die rolprent deur ?n Australiese maatskappy het gister die roete agter die duinegordel, dan die oostelike verbypad by Swakopmund en dan in Hentiesbaai se rigting gevolg. ?n Vermoede is dat van die goed op pad na Kruiskaap is waar van die verfilming gedoen gaan word. Volgens een motorryer het van die grotes teen sowat 70 km/h op die grondpad beweeg. Deel van die konvooi was hierdie voertuig met die baie wiele. Op ?n ander foto is ?n besondere padreus met vier uitlaatpype en wat volgens ?n ooggetuie deur ?n mens bestuur is. Die rolprentmakers was by ?n stilhouplek by die treinspoor net buite Swakopmund op hul perdjie toe omstanders foto?s wou neem. Dit word glo glad nie geduld nie. Nogtans het ?n leser van Republikein hierdie skoot ingekry.