23.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

23.01.2012

Land se akademiese presteerders beloon

© Francois Poolman
President Hifikepunye Pohamba saam met Natasha Kameeta (heel regs), die top leerling landwyd in die 2011 NSSC-eksamen op gewone vlak. Kameeta wat aan die Senior Sekondêre Skool Da Palm op Karibib gematrikuleer het, se ma Tusnelde (tweede links) en familielid biskop Zephania Kameeta (heel links) het Vrydag se prysuitdeling bygewoon.

DIE nasionale toppresteerders in die 2011 NSSC-eksamen op hoër vlak en op gewone vlak asook die graad 10 JSC-eksamen is Vrydag tydens ’n prysuitdelingseremonie in Windhoek vereer.

President Hifikepunye Pohamba het die kontantpryse en trofeë aan die onderskeie top graad 12 leerlinge, die beste onderwysdirekteur, die beste streek en beste skool oorhandig.

Die Adjunkminister van Onderwys, dr. David Namwandi, het die res van die pryse oorhandig.

Meer as ’n honderd toekennings is aan leerlinge en skole uitgedeel wat danksy die private sektor op die spel was. Ondernemings wat as borge na vore getree het, was Old Mutual, Cambridge Internasionale Eksamens (CIE), Letshego, Ehovelo Investments, NAMSOV Community Trust, Standard Bank en Dynamic Mobile Solutions.