23.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

6.09.2010

Kultuurfees beloof verskeidenheid

DIT is weer dié tyd van die jaar waar vere reggeskud word vir die /Ae//Gams Kuns en Kultuurfees in die stad. Die fees vind vanaf 8 tot 11 September in Windhoek plaas onder die tema, “Diva mpo za Namibia,” wat in Rukwangali beteken “ken die Namibiese kultuur.”

Windhoek se burgemeester, raadslid Matheus Shikongo, het Woensdagaand by die stadsraad se maandelikse vergadering as beskermheer van die fees al die inwoners van Windhoek, besoekers, toeriste en Namibiërs in elke uithoek van die land na die 2010 /Ae//Gams Kuns en Kultuurfees uitgenooi.

Hy het gesê vanjaar se fees sal kenmerke hê van onder meer musiek, teater, dans, slypskole vir kinder se kuns, straatmark, kulturele opvoering, uitstalling en op die aand van 11 September die burgemeester se konsert.

Bykomend wag verskeie opwindende internasionale kunstenaars na wie uitgesien word. Raadslid Shikongo het gesê die stad word oorval met openbare eise vir verbeterde dienslewering.

Boaan die lys van eise is openbare veiligheid, toegang tot kraanwater en voorsiening van krag, veral in informele nedersettings. Volgens hom het die stadsraad in reaksie hierop in sy kapitale begroting voorsiening gemaak vir die konstruksie van die brandweerstasie in Otjomuise, waar hyself op 18 Junie vanjaar teenwoordig was toe die bouwerk begin het. Mnr. Shikongo het ook toesig gehou oor die oorhandiging van die vloot motorvoertuie aan die stadspolisie op 6 Augustus vanjaar.

“Dié twee projekte is gerig op die verbetering van die openbare veiligheid in terme van brandbestryding, noodbestuur en misdaadbekamping,” het mnr. Shikongo gesê.

Hy het opgemerk dat die stadsraad in ’n poging om openbare vervoer te verbeter, 20 nuwe busse, toegerus met ’n nuwe kaartstelsel aangeskaf het. Die departement van vervoer sal nuwe bushaltes en taxistaanplekke voorsien in die gebiede van Otjomuise van waar verskeie besware ontvang is.

Raadslid Shikongo het gesê die stadsraad is in gesprek met rolspelers rakende die voorsiening van basiese dienste soos water, krag en sanitasie in die informele woonbuurte van Windhoek.