23.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

11.03.2010

Konsternasie op die stasie

© Niël Terblanché
Die “slang” het vir konsternasie gesorg toe dit vroeg gisteroggend op die dak van die Ministerie van Veteranesake gewaar is.
KONSTERNASIE het naby die spoorwegstasie in Windhoek losgebars toe ’n slang op die dak van die Ministerie van Veteranesake gewaar is.

’n Gewapende reaksie-eenheid van minstens een sekuriteitsmaatskappy en ’n brandweervoertuig van Windhoek se nooddienste is na die toneel ontbied om die ongedierte te verwyder.

Amptenare in diens van die Ministerie wou met die aanbreek van ’n nuwe werksdag gister vir meer as ’n uur nie by hul kantore ingaan nie omdat die slang in die vroeë oggendson op die gebou se dak gelê en bak het.

“Ek was besig om te kyk na die skade aan een van my kollegas se voertuig wat in ’n ongeluk betrokke was, toe ek die slang op die kantoorgebou se dak sien lê. Dit het gelyk of die slang besig was om teen die dak af te seil en ek het onmiddellik my kollegas gewaarsku om nie die gebou binne te gaan nie,” het een van die amptenare gesê.

Die man het onmiddellik die nooddienste geskakel om die ongedierte te laat verwyder.

Mnr. Percy Openshaw van CrisisResponse verwyder gewoonlik slange uit Windhoekers se huise en die brandweer het ook sy hulp ingeroep. Met loeiende sirenes en flitsende ligte het die wa by die gebou opgedaag.

’n Leer is teen die ou stasiegebou staangemaak en twee brandweermanne en mnr. Openshaw het op die dak geklim.

“Toe ek die vangstok teen die slang se nek druk besef ek iets is nie heeltemal reg nie. Die slang het nie heeltmal reg gelyk nie. Ek kon nie onmiddellik die spesie uitken nie,” het mnr. Openshaw gesê.

Hy sê die slang het doodstil bly lê en toe hulle dit van nader bekyk, besef hy en die brandweermanne dat dit ’n inderdaad ’n rubberslang is. Die brandweerbeamptes en die veiligheidsman het toe maar die slang van die dak af gegooi.

Sommige toeskouers het in alle rigtings laat spaander en eers later weer verleë nader gestaan om die rubberslang van nader te bekyk. Die slang moes ’n geruime tyd reeds op die gebou se dak gelê het, want die rubber waarvan dit gemaak is, was al kwaai verweer.

Die staatsamptenaar wat aanvanklik die alarm gemaak het, het na die petalje die slang aan sy stert opgetel en dit na sy kantoor gedra om dit ’n as aandenking van die dramatiese gebeure te hou.