Kongresbyle uit in Napwu

Skote gaaan vanaf vandag op Rundu klap wanneer leiers en afgevaardigdes van die Namibiese Unie vir Staatsdienswerkers (Napwu) op Rundu saamtrek vir ?n kongres wat al geruime tyd gelede moes plaasgevind het.

Daar is planne om met ?n aanslag van die vloer van beide mnr. Peter Nevonga, sekretaris- generaal, en me. Sarafina Kandere, waarnemende president, ontslae te raak. Hulle is weer vir die twee topposte genomineer, maar teenstanders beweer ?n omvattende knoeiveldtog word al vir maande gevoer om die twee ?n ?gratis kaartjie? vir nog ?n termyn te gee.

Buiten vir verset oor die destydse beleggingskandaal by die Pensioenfonds vir Staatsinstellings (GIPF) ? waaroor Nevonga onder druk tydelik sy pos op die direksie moes ontruim ? is vakbondlede woedend dat in moeilike tye steeds geen aanduiding bestaan of Napwu ?n verhoging vir die land se meer as 90 000 amptenare kon beding nie.

Láát gister is na Republikein se SMS-lyn van ?n selfoon wat later nie bereik kon word nie, ?n boodskap gestuur dat die onderhandelinge uiteindelik beklink is met ?n verhoging van sewe persent vanaf 1 Mei en ?n verhoging van behuisingstoelae met N$900, terugwerkend vanaf 1 April. Die belofte van uitbetalings vanaf 15 September is gemaak.

Volgens persone in die anti- Nevonga kamp is hierdie skinderstories ? daar was al verskeie sulke gerugte die afgelope maande ? ?n teeninligtingsveldtog van mense om die huidige leiers te probeer red.

Teen saktyd kon geen bevestiging van enige ooreenkoms verkry word nie.

Napwu maak aanspraak op die steun van meer as 45 000 ingeskrewe lede, maar in die afwesigheid van nuwe rekords van lidmaatskap is daar praatjies dat die laaste jare se interne struweling ?n groot uittog tot gevolg gehad het.

Weens ?n beweerde kokery met die nominasie van afgevaardigdes word verwag dat protesmakers kan opdaag om hul regmatige plek op die vloer te eis. ?n Uitstapaksie is ook nie onmoontlik nie.

Gister is onder meer vertel van ?n wettige takvoorsitter wie se naam op die laaste nippertjie van die lys van afgevaardigdes verwyder is.

Blykbaar is net mnr. Elia Manga, president van die moederfederasie, die Nasionale Unie vir Namibiese Werkers (NUNW), na die kongres genooi met ?n versoek dat die Swapo-vakbondsambreel se uitgesproke sekretaris-generaal en openlike kritikus van Nevonga, mnr. Evilastus Kaaronda, nie ?n voet naby Rundu mag sit nie.

?Ek is klaar hier,? het Kaaronda egter gister verseker.

?Die meeste mense is uiters ontevrede,? is uit die anti-Nevonga kamp beweer. ?Ons het nie meer leiers nodig wat bestuurders, direkteure en selfs arbeidsbemiddelaars is nie.

?Dit is ?n werkerskongres en nie ?n kongres van individue nie,? is aangevoer. ?Gewone lede se stemme moet seëvier.?

Kategorie: