23.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

20.01.2012

Kladboeke vir onderwyssektor

© Marlize Rautenbach
Die baanbrekers wat alle krane vandeesweek oopgedraai het om op die goeie uitslae van die afgelope jaar te bou, is van agter mnr. Wikkie Nortjé, die produksiebestuurder van Newsprint, die adjunkdirekteur van Hoër Onderwys en Etsip-koördineerder, me. Sandra van Zyl, en die streekbestuurder van Shoprite in Onafhanklikheidsrylaan, mnr. Justus Muheua. Voor is Shoprite se takbestuurder, mnr. Johannes Ushona, die Adjunkminister van Onderwys, dr. David Namwandi, en die opsiener van kliëntediens, me. Emily Tjitugua.

SHOPRITE staan vandag aan die spits van ’n drieledige ooreenkoms om beslag te gee aan onderwysontwikkeling deur die betrokkenheid van die private sektor, insluitend Newsprint Namibia, en die Ministerie van Onderwys wat vanaf vandag sowat 300 000 kladboeke vir die laer grade gratis in skole landwyd beskikbaar sal stel.

Die Shoprite-, Newsprint- en ministeriële samewerking is ’n uitvloeisel van verlede jaar se Nasionale Onderwysberaad en die daaropvolgende besluit om die nasionale deelname aan opleiding te verbreed. Die besluit is ook vandeesweek deur die Kabinet bekragtig.

Newsprint, die drukkersfiliaal van die DMH-koerantgroep, het vandeesweek in ’n rekordtyd die produksie van die skoolboeke afgehandel. Dit is gister deur die Adjunkminister van Onderwys, dr. David Namwandi, in die onderwyshoofkwartier in Windhoek verwelkom nadat dit deur ’n Shopritebestuursgroep en Newsprint aan hom oorhandig is.

In ’n gesamentlike voorwoord aan leerders en ouers maan die Minister van Onderwys, dr. Abraham Iyambo, en sy adjunk, dr. Namwandi, dat ’n hoë werkverrigting en toewyding vanjaar verwag word om die belegging in die land se onderwys te verbeter. Namwandi het gister Newsprint, Shoprite en sy amptenare geloof vir die wyse waarop nasionale belang ter wille van onderwys vooropgestel word.

Hy het gesê dit is ’n unieke Namibiese eienskap waarop die toekoms met vertroue aangedurf kan word. Die altesame 33 Shoprite-takke landwyd sal deur die verspreidingsafdeling van Newsprint ook die komende dae sowat 2 000 kladboekies elk vir kliënte beskikbaar hê. Die res sal na gelang van die behoefte deur die Ministerie van Onderwys versprei word met afgeleë en agtergeblewe gemeenskappe wat voorrang sal geniet.