23.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

25.01.2012

Kiesersgetalle kan tot twis lei

Plaaslike owerheidsverkiesings

ONSEKERHEID oor die grense van die Otjinene munisipaliteit en die aantal inwoners wat aan die plaaslike owerheidsverkiesings mag deelneem wat op 16 Maart plaasvind, blyk een van die twispunte van die komende verkiesing te wees.

Mnr. Asaria Tjingaete, verteenwoordiger van Swapo op Otjinene, het gister telefonies sy skeptisme oor die 1 805 voornemende kiesers uitgespreek. “Tydens die vorige verkiesing het Otjinene as ’n kiespunt net 800 kiesers gehad. Hierdie syfer is deur verlede jaar se sensusopname bevestig,” het hy gesę. Waar die bykomende 1 000 voornemende kiesers vandaan kom, was vir hom onduidelik.

Nudo het die streekraadverkiesing vir die Otjinene-kiesafdeling in 2010 met 1 241 stemme gewen, gevolg deur Swapo met 917 stemme, die DTA met 266 stemme en die RDP wat 33 stemme gekry het.

Alles het glo vlot verloop tydens die registrasie van kiesers op Otjinene en Oranjemund, het mnr. Theo Mujoro, waarnemende direkteur van verkiesings, gister gesę.

Klagtes is verlede week ontvang van voornemende kiesers wat nie op Oranjemund kon registreer nie aangesien hulle nie munisipale of telefoonrekeninge vir die afgelope 12 maande kon voorlę nie.

Ten spyte daarvan het 2 221 kiesers vir Oranjemund en 1 805 vir Otjinene se verkiesing registreer.

Die hoë registrasiesyfer is volgens Mujoro weens voornemende kiesers wat reeds geregistreer het en verklarings namens ander afgelę het dat hulle wel vir 12 maande op die onderskeie dorpe woonagtig is.

Die kieserslys sal vanaf vandag tot 27 Januarie oop wees vir inspeksie by die polisiekantoor op Otjinene en by die landdroskantoor en die Sakaria Lewalagemeenskapsaal op Oranjemund.

“Enige voornemende kieser wie se naam op die register voorkom, het die reg om beswaar aan te teken teen enige ander persoon wie se naam moontlik onregmatig op die lys verskyn,” het Mujoro gesę.

Sodra hierdie proses afgehandel is, sal kandidate vir die verkiesing deur die betrokke partye of enige geregistreerde organisasie benoem kan word. Nominasies open op 30 Januarie en sal op 15 Februarie sluit.

Opleiding van verkiesingsbeamptes en verteenwoordigers van politieke partye wat die verkiesing sal waarneem en monitor, sal vanaf 8 tot 14 Maart geskied waarna die verkiesing op 16 Maart sal plaasvind.

“Die verkiesing sal net op die sestiende plaasvind met die uitslae wat dieselfde dag of op die laatste op 17 Maart bekend sal wees,” het Mujoro gesę.

Intussen sal die Verkiesingskommissie volgens hom seker maak dat al die nodige toerusting soos stembriewe gereed is voor die verkiesing begin.