Keetmans-vrou weier om diere te verwyder

Me. Jean Krohne het die bevel wat haar 14 dae gegee het om haar diere te verwyder reeds op 18 April ontvang, maar het eers Maandag 21 Mei ?n oproep van mnr. Josua de Jay van die munisipaliteit ontvang om haar in kennis te stel dat sy voor 08:00 Dinsdag haar diere van die grond moet verwyder.

Hoofinspekteur Lydia Shapwanale van die polisie op Keetmanshoop het bevestig dat vier polisielede op die toneel was om die vrede te handhaaf.

De Jay het ná 08:00 op Krohne se grond opgedaag om die bevel uit te voer.

Volgens hom het sy kontrakbreuk gepleeg deur onder meer te veel diere, 91 bees en 80 kleinvee teenoor die 23 bees of 138 kleinvee volgens haar kontrak, op haar grond aan te hou. Sy het glo ook pype van die munisipaliteit sonder hul toestemming van die grond verwyder.

Volgens Krohne het sy die pype verwyder sodat sy haar eie masjien kon koppel om water te pomp, want die masjien van die munisipaliteit het spoorloos verdwyn en was verlede Desember laas gesien.

Krohne beweer dat De Jay en ander munisipale werkers toegang tot haar grond deur die buurman se hek gekry het en dat hy haar diere met sy bakkie probeer verjaag het.

De Jay sê weer hy het geensins probeer om haar diere te verjaag nie en het stadig gery sodat hy hulle kon tel. Hy sê dat daar 43 diere was.

Volgens Krohne het sy en van die ander huurders met die burgemeester en van die raadslede ?n vergadering gehou. Die onbeplande vergadering het sowat twee ure geduur.

Sy beweer die munisipaliteit teiken haar omdat sy met die munisipaliteit oor grondsake verskil. ?As jy sien iets is verkeerd, het jy die reg om werk daarvan te maak.?

Sy het ook gesê deur van haar eie pomp gebruik te maak, het sy verbeteringe aangebring.

De Jay het gesê al die huurders se kontrakte verval aan die einde van Junie en dat die munisipaliteit nou hul prokureurs gaan raadpleeg.

Krohne is nou bang die munisipaliteit gaan nie haar kontrak hernu nie.

Kategorie: