Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


8 Februarie 2012

Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

2.09.2010

Kauandenge nou onafhanklike kandidaat


Mnr. Joseph Kauandenge.
DIE voormalige sekretaris-generaal van die Namibia Democratic Movement for Change (NDMC), mnr. Joseph Kauandenge, het aangekondig dat hy in November vanjaar as onafhanklike kandidaat Nangofin die plaaslike owerheidsverkiesing vir Windhoek, gaan staan.

Mnr. Kauandenge sê een van die redes is omdat hy uit sy jare ondervinding in partypolitiek gesien het dat in 99% van gevalle partye nie noodwendig die slimste en bekwaamste mense op hul partylyste plaas nie.

“Hulle sit mense daar wat die grootste geraas maak met slagspreuke of wat die regte politieke verbindings het, asook diegene wie se lojaliteit by die leierskap lê en nie by die kieserspubliek nie,” het hy in sy biljet geskryf.

Mnr. Kauandenge voer aan dat hy as onafhanklike kandidaat gaan staan omrede hy hom van die politiek wil skei waar iemand anders namens hom dink of iemand anders namens hom moet praat. Hy voer sy veldtog onder die slagspreuk “Not a second further”.

“Ek wil vir myself dink en optree en vir nou kan ek dit net doen deur as onafhanklike kandidaat te staan,” het hy gesê.

Die belangrike kwessies waaraan mnr. Kauandenge aandag wil gee, sluit erfbelastings, die behoefte aan behuising en die koste van water en elektrisiteit in. In die biljet wat mnr. Kauandenge as deel van sy kiesveldtog versprei, sê hy geen twyfel bestaan dat niemand gevind kan word wat so jeugdig soos hy is, dog met ervaring op die hoogste vlak van partyleierskap nie.

Mnr. Kauandenge het aan Republikein gesê as ’n onafhanklike kandidaat kan hy meer onafhanklik optree en hy is nie aan partyreëls gebind nie.

“Op die wyse kan ’n mens in die beste belang van die mense optree sonder inmenging van die partyleierskap,” het hy gesê.

Mnr. Kauandenge was vroeër jare die leier van die DTA se jeugliga, waarna hy sy eie party gestig het. Die party se lewensduur was kort. Hy is weer terug na die DTA en het daarna by Nudo aangesluit onder die leierskap van die Hereroleier, mnr. Kuaima Riruako.

Hy het daarna ook vir ’n kort wyle by die Republikeinse Party aangesluit, waarna hy ’n loopbaan as sanger gevolg het. Nadat hy sy sangloopbaan vaarwel toegeroep het, het hy in 2007 by die NDMC aangesluit waar hy tot aan die begin van die jaar as sekretaris-generaal opgetree het. Hy het die party weens verskille onder die leierskap verlaat.