Johan Kotzé aangekeer

DIE oud-Namibiër wat vir ?n week voortvlugtend was, mnr. Johan Kotzé, is gister omstreeks 11:45 op Modimolle (Nylstroom) aangekeer.

Die kommunikasiehoof van die polisie in die Limpopo-provinsie, brigadier Hangwani Mulaudzi, het gister aan Republikein gesê dat inligting van ?n lid van die publiek tot Kotzé se inhegtenisname gelei het.

??n Lid van die publiek het die verdagte Dinsdagaand in ?n winkel herken en die polisie ingelig. Ons het in die gebied waar hy gesien is ontplooi, ?n hoëspoed jaagtog het Dinsdagnag gevolg en Kotzé het sy voertuig verlaat en te voet verder gevlug,? het Mulaudzi vertel.

Kotzé het sy voertuig by ?n kragstasie op die dorp agtergelaat waar ?n baadjie en ander items in en rondom sy voertuig gevind is. ?n Uitgebreide polisiesoektog met onder meer ?n helikopter en snuffelhonde is uitgevoer waarna hy gister vasgetrek is.

Mulaudzi vermoed dat Kotzé ?n geruime tyd op Modimolle geskuil het. Hy sal môre in die hof verskyn.

Een van die tuinwerkers wat glo deur hom gedwing is om sy vervreemde vrou te verkrag, is Dinsdag by Hammanskraal buite Pretoria aangekeer en sal ook môre in die hof verskyn, het Mulaudzi bevestig. Volgens hom is die drie tuinwerkers Suid-Afrikaanse burgers.

Mulaudzi is verheug dat Kotzé (50) uiteindelik na ?n wydverspreide soektog waarby die Valke en Interpol betrek is, gister op die dorp waar hy die grusame dade glo gepleeg het, vasgetrek is.

Die gedwonge groepsverkragting deur die drie tuinwerkers op sy vervreemde vrou, asook die skietmoord op Kotzé se stiefseun, Conrad Bonnette (20), het Suid- Afrikaners en Namibiërs geskok.

Hy het glo verlede Dinsdag drie tuinwerkers met ?n vuurwapen gedreig om sy vervreemde vrou te verkrag en haar borste te skend, waarna hy sy stiefseun in ?n huurhuis op Modimolle doodgeskiet het.

?n Gewapende Kotzé het daarna met sy voertuig met ?n Vrystaatse registrasiemerk op die vlug geslaan en die tuiniers het te voet gevlug. Hy het later die voertuig se opsporingstelsel deaktiveer.

Kotzé en sy vervreemde vrou was na bewering besig om te skei en was net vier maande getroud voordat hulle in Februarie verlede jaar vervreem geraak het. Daar is verneem dat sy 42-jarige vrou, glo sy vyfde eggenote, verlede jaar ?n beskermingsbevel teen hom gekry het.

Kotzé is in 1961 in die destydse Suidwes-Afrika gebore. Op Gobabis, waar hy glo op die plaas Vasbyt grootgeword het, was sy bynaam Exhaust. Hy het glo in die vroeë 1980?s saam met sy ouers, mnr. Jan en me. Dora Kotzé, na Prieska in die Noord-Kaap verhuis.

Hy is in 1993 van moord aangekla ná die skietdood van me. Bet Botha (64) in Prieska waar hy as balju werksaam was, maar is vrygespreek.

Kotzé, ?n vleisverspreider van beroep, was in Bloemfontein woonagtig en besit glo twee plase in die omgewing.

Kategorie: