|
|
10.2.2012 Weldoeners skenk skooluniforms |  Die Christina Swart-Opperman-stigting vir Vigswesies (CSO) en die Goreangab waterherwinningsaanleg (WINGOC) het skooluniforms ter waarde van N$12 000 geskenk aan die Good Hope-koshuis wat suid van Rehoboth geleë is. Die koshuis huisves op die oomblik 82 kinders ... Lees meer |
|
10.2.2012 Word vanjaar weer by Ekspo verras |  REPUBLIKEIN se Namibia Tourism Expo-kantoor is in rep en roer met die reëlings vir vanjaar se toerismeskou wat in volle swang is.
Weer wag daar heelwat nuutjies en verrassings op besoekers – alles onder die tema “Avontuur”, in die gees van Namibië se bod ... Lees meer |
|
10.2.2012 Stilswye oor Mad Max |  ’n GEHEIME rolprentstel in die Namibwoestyn gaan gebruik word vir die N$1 miljard rolprent Mad Max 4, met die Suid-Afrikaanse aktrise Charlize Theron en die Brit, Tom Hardy, in die hoofrolle. Volgens berigte wou lede van Mad Max 4: Fury Road se produksiespan ... Lees meer |
|
10.2.2012 Lugballonne versier die hemel bo Uis |  SKAARS kruip die eerste sonstrale oor die verlate mynhope van Uis en verhelder die vliegveld buite die dorp en drie meter lange vlamme spu uit die propaan-gevulde branders. Stadig styg die lugballonne op, die mandjie skuur ʼn meter oor die grond en skielik, vryheid. Lees meer |
|
10.2.2012 Koors hoog vir Nasiebeker-eindstryd |  Benewens vele “neutrale” waarnemers se ondersteuning van Zambië vir Sondagaand se Afrika Nasiebekersokkereindstryd teen die Ivoorkus, staan die buurland se burgers wat hulle in Namibië bevind uiteraard met mening agter hul span wat die bynaam Chipolopolo (Copper Bullets) dra. Lees meer |
|
10.2.2012 Reën rig skade op Keetmanshoop aan |  WATER het deur minstens twee huise op Keetmanshoop gespoel, paaie is beskadig en verskeie huise in die informele nedersetting op die dorp moes gisteroggend herbou word na 77 mm reën op Woensdag op die dorp uitgesak het.
Die voetstukke van lamppale by die ... Lees meer |
|
10.2.2012 Geldnood knyp boere |  DIE uitwerking van die bewegingsverbod van 21 dae op die kontantvloei van kommunale boere in Hereroland, is veel erger as ses maande gelede toe plase ook uit vrees vir ’n moontlike uitbreking van bek-en-klou-seer gesluit is.
Die rede hiervoor is dat Meatco ... Lees meer |
|
9.2.2012 Suiwel se donkerste uur |  NAMIBIË se beleërde suiwelprodusente het ’n beroep op die Regering gedoen om dringend regverdige spelreëls te implementeer wat die storting van gesubsidieerde buitelandse suiwelprodukte sal verbied.
So nie moet die Regering ’n verbod plaas op ingevoerde ... Lees meer |
|
9.2.2012 Lemmer se lyfstraf laat ly | ’n PAK slae met ’n plank het ’n leerling met ’n pimpel en pers agterstewe gelaat en ’n onderwyser van die Sekondêre Skool Dr. Lemmer op Rehoboth ’n klag van aanranding op die hals gehaal.
Pastoor Nico Bock het ’n week gelede ’n klag van aanranding by die polisie op die dorp aanhangig gemaak, ... Lees meer |
|
9.2.2012 Wambo gooi wal | RAADSLID Edward Wambo van die kiesafdeling Rehoboth-Oos en lid van die Hardap Streekraad, het hom vinnig verontskuldig van die gebrek aan ontwikkeling op Rehoboth toe hy deur die gemeenskap daarmee gekonfronteer is. Volgens hom kan hy nie persoonlik daarvoor verantwoordelik gehou word nie. Lees meer |
|
9.2.2012 Stakers wil nie bes gee |  ’n EERSTE goederetrein het gister omstreeks 16:00 ná ’n onwettige staking wat reeds agt dae duur, op Walvisbaai briek losgemaak en uit die stasie vertrek.
Die vrag was suur en die bestemming die Rössing-uraanmyn.
’n Tweede trein met vliegtuigbrandstof ... Lees meer |
|
9.2.2012 Twee Australiërs sterf in ongeluk |  TWEE Australiese toeriste, albei vroue, het gister in ’n ongeluk op die hoofpad tussen Karibib en Usakos gesterf. Nog nege ander toeriste en die bestuurder is beseer.
Die landreisigervoertuig (“overlander”) van African Trails van Brittanje was van Tanzanië ... Lees meer |
|
9.2.2012 Air Namibia-vlugte na Frankfurt normaliseer |  DIE ongure weerstoestande in Europa het geen invloed op Air Namibia se vlugte tussen Frankfurt en Windhoek gehad nie.
Die nasionale lugkarweier het wel Dinsdag aangekondig dat ’n vertraging in vlugte op die Windhoek-Frankfurt- Windhoek-roete ondervind is. Lees meer |
|
9.2.2012 Babadogter vir BBA se Meryl |  Die 24-jarige Meryl Mwampamba, wat bekendheid verwerf het as die Namibiese verteenwoordiger in die Big Brother Africa 2- en 5-weergawes, het Maandagoggend in die Katutura-hospitaal geboorte aan haar dogtertjie geskenk. Meryl Shikwambane is laat verlede jaar ... Lees meer |
|
9.2.2012 Katima Mulilo se kameeldorings afgekap |  DIE strydbyle is opgegrawe op Katima Mulilo oor die beweerde onwettige afsaag van kameeldoringbome op die dorp. Alle aantygings van ’n vermeende knoeiery is egter dié week ten sterkste deur die waarnemende hoof uitvoerende beampte van die dorpsraad en die direktoraat van Bosbou ontken. Lees meer |
|
8.2.2012 Wedloop teen die winter |  DIE eerste wedloop na die Suidpool het die name van Amundsen en Scott vir ewig in die geskiedenisboeke geskryf. Amundsen het die Suidpool op 14 Desember 1911 eerste bereik met Scott wat net meer as ’n maand later, op 17 Januarie 1912, daar aangekom het. Die ... Lees meer |
|
8.2.2012 Reën ontwortel 16 huishoudings |  INWONERS van die Kasote-nedersetting wes van Rundu moes hul wonings as gevolg van swaar reën verlaat.
Die adjunkburgemeester van Rundu, mnr. Bonny Kahare, het gesê 16 huishoudings is geraak waarvan drie “dringend hulp nodig het”. Hy het gesê tente is oorkant ... Lees meer |
|
8.2.2012 DNA slaan geweldenaar dronk |  DIE 75-jarige me. Feitjie Brand het op haar sterfbed in die staatshospitaal op Keetmanshoop glo vir ’n verpleegster beskryf hoe ’n man op die aand van 9 Februarie 2008 deur haar kamervenster geklim, haar aangeval en verkrag het.
Brand is die volgende dag ... Lees meer |
|
7.2.2012 DBV in die kruisvuur | DIE welwillendheid van die publiek jeens die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Windhoek het die afgelope tyd in die gedrang gekom, met binnegevegte, skinderstories en ’n veldtog van verdagmaking van die huidige bestuurskomitee van die instansie.
Dit ... Lees meer |
|
7.2.2012 ’n Pleister teen ’n katklou |  ’n PLEISTER was die enigste mediese hulp wat ’n jong Noorweegse vrou Saterdagoggend nodig gehad het toe sy deur ’n jagluiperd by die Harnas Wildlewe-stigting aan haar bobeen gekrap is.
Volgens ’n mediaverklaring van Harnas het die voorval die oggend tydens ... Lees meer |
|
6.2.2012 GUESS expands into Namibia |  GUESS, the American lifestyle brand famous for its trendsetting styles and unforgettable campaigns, is excited to announce its expansion into Africa. In 2012, the iconic brand will make its debut in Namibia, as well as other countries across the continent, ... Lees meer |
|
6.2.2012 Mishandelde vul van kant gemaak |  DIE vul wat twee weke gelede vasgebind agterop ’n bakkie op Okahandja gevind is ná sy saam met ses ander perde onder haglike toestande na die Noorde vervoer is, moes Vrydag deur ’n veearts van kant gemaak word.
Die vul het haar regtervoorhoef verloor as ... Lees meer |
|
6.2.2012 Blitsvloede nie uitgesluit |  HARDE reën kan later die week oor die sentrale noorde val en afhangende van die intensiteit van neerslae is blitsvloede nie uitgesluit nie.
Hoewel die afdeling meteorologiese dienste se reënmeters nie die laaste drie dae buitengewone hoë lesings opgelewer het nie, ... Lees meer |
|
6.2.2012 Fees gevier oor WHS se 95 jaar |  Vreugdevure het die naweek hoog gebrand toe leerlinge, ouers, onderwysers en oudleerlinge van Windhoek Hoërskool hul alma mater se 95ste bestaansjaar herdenk het. Die skool het op 5 Februarie 1917 sy deure geopen en het hom deur die jare as een van die voorste skole in die land gevestig . Lees meer |
|
6.2.2012 Onwettige vaartuig vas | ’n LEË olietenkskip uit Wes-Afrika wat sedert 11 Januarie onwettig in Namibiese gebiedswater voor anker lê, is die naweek onder gewapende begeleiding van die vloot na Walvisbaai geneem.
Die voorval is Vrydag deur die waarnemende hoof van operasies in die Namibiese vloot, ... Lees meer |
|
6.2.2012 Kundiges bespreek Afrikaleeu in Etosha | MET die leeubevolking in Afrika wat drasties krimp, word ’n konferensie van die Afrikaleeu Werkgroep (ALWG) met sowat 34 internasionale afgevaardigdes op 10 en 11 Februarie by Okaukuejo in die Etosha Nasionale Park aangebied.
Dit is die eerste konferensie ... Lees meer |
|
6.2.2012 Gehoortoetse nou op Rehoboth moontlik |  Die Vereniging vir Kinders met Taal-, Spraak- en Gehoorgestremdhede in Namibië (ClaSH), het onlangs ’n gehoormeter ter waarde van N$11 400 aan die St. Mary’s Katolieke hospitaal op Rehoboth geskenk sodat kinders met gehoorgestremdhede in die distrik getoets kan word. Lees meer |
|
6.2.2012 Op hul hoede teen velkanker |  FNB Namibia het onlangs ’n skenking van hoede aan SI - NASRA, die organisasie vir mense wat aan albinisme ly, oorhandig. Me. Ingrid Goeieman (middel) van FNB het gesê die FNB Stigting voorsien die organisasie reeds die afgelope tien jaar met hoede. Altesaam 300 hoede is aan dr. Lees meer |
|
6.2.2012 Selma dra Mej. Okapya-kroon |  Selma Ndaafaoluma, ’n student verbonde aan die Politegnikum, is op Oukersaand as Mej. Okapya 2011 gekroon tydens ’n geleentheid wat by die Ondangwa Airport Lodge plaasgevind het.
Haar eerste prinses is Leena Haininga, terwyl Rauna Shoopala as tweede prinses gekroon is. Lees meer |
|
|