23.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


22 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

24.02.2010

Honderde werk saam met Nujoma

© Republikein
Oudpresident Sam Nujoma
NAGENOEG 500 mense het Dinsdag by oudpresident Sam Nujoma aangesluit om as vrywillige werkers in die mahanguveld van koning Immanuel Kaluma Elifas in die Onamungondo-nedersetting buite Ondangwa te werk, ’n optrede wat plaaslik as “oshitemo” bekend staan.

Volgens die Oshiwambo-tradisie is “oshitemo” enige vrywillige werk wat lede van die gemeenskap verrig in ‘n mahanguveld van ‘n senior tradisionele leier, ‘n bejaarde of enigiemand met swak gesondheid wat hulp nodig het.

Mnr. Nujoma het lede van die gemeenskap aangemoedig om genoeg mahangu te plant om tot die land se voedsel-onafhanklikheid by te dra.
“Mahangu is ‘n gesonde voedselproduk wat baie beter is in vergelyking met byvoorbeeld mielies,” het hy gesê.

Die goewerneur van die Oshikoto-streek, mnr. Penda Ya Ndakolo, het mnr. Nujoma geloof en gesê dat die groot aantal mense wat vir die “oshitemo” opgedaag het, ‘n bewys is van die waardering wat die inwoners vir hul nasionale en tradisionele leiers het.