23.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


22 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

3.03.2010

Goliaths kry ou hoofman terug

© Republikein
Hoofman Stephanus Goliath by vroeëre verrigtinge van die /Hai/Khauagemeenskap op Berseba. Langs hom is hoofman Johannes Isaak van die Isaak-faksie en mnr. Johannes Fleermuys, die waarnemende hoofman van die Goliath-faksie wat daardie pligte gaan neerlê.

HOOFMAN Stephanus Goliath sal waarskynlik Saterdag weer na twaalf jaar as die tradisionale leier van die Goliath-faksie van die /Hai/Khaua-stam van Berseba sy pligte hervat.

Die stap volg nadat die waarnemende hoofman Johannes Fleermuys onlangs besluit het om te bedank. Mnr. Fleermuys het op verskeie vergaderings sedert einde verlede jaar en tot onlangs ondanks versoeke om as waarnemende hoofman aan te bly, dit van die hand gewys. Die redes vir sy besluit is nie bekendgemaak nie.

Dit het daartoe gelei dat hoofman Goliath wat 12 jaar weens politieke pligte op sabbatsverlof was en die tradisionele pligte aan mnr. Fleermuys toevertrou het, eerskomende Saterdag die leisels sal oorneem.

Die stap sal volgens waarnemers die weg baan vir genesing van die Goliath- en Isaak-faksies van die /Hai/Khaua-stam wat vir dekades oor leierskaptwis in twee verdeel was. Eenheid van die /Hai/Khaua word nou voorspel aangesien hoofman Goliath nie net as ’n sterk voorstander van nasionale eenheid nie, maar ook eenheid onder die / Hai/Khaua-gemeenskap beskou word.

Die moontlikheid word bedreig deur ’n derde groep waarin na bewering die goewerneur van Karasstreek, mnr. Dawid Boois as die stok in die wiel sentraal staan. Mnr. Boois wat ook van Berseba is en sy groep wil glo mnr. Fleermuys as die hoofman van die derde groep hê.

Op die openbare vergadering op 6 Maart sal die besluit van mnr. Fleermuys om van leierskap van die Goliath-faksie afstand te doen, amptelik bekendgemaak word.