23.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


22 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

7.09.2010

Goeie reënseisoen word verwag


Klik op die kaart om te vergroot.
MET winter agter die rug kan Namibiërs weer na ‘n heerlike reënseisoen uitsien met normale tot bo normale reënval wat in meeste dele van die land verwag word.

Volgens ‘n verklaring wat deur die Ministerie van Werke en Vervoer se afdeling metereologiese dienste uitgereik is, is die verwagting dat Namibië vanaf Oktober tot Desember in streek I (sien figuur 1) bo normale tot normale reënval sal ontvang. Streek II en III kan in dié tydperk ook ‘n normale tot bo normale reënval verwag.

Van Januarie 2011 tot Maart 2011 sal die reënval ook volgens die verklaring bo normaal tot normaal in streek I en tot bo normaal in streek II wees.

Voorts sal die suidelike en westelike dele van die SADC-streek, Mauritius en westelike Madagaskar tydens Oktober tot Desember tot bo normale reënval ervaar.

Die noordoostelike dele van dié streek en die res van Madagaskar sal waarskynlik normale en meer as normale reën ontvang.

Vanaf Januarie tot Maart volgende jaar behoort die meeste van die lande in die SADC-streek steeds normale tot bo normale reën te kry.