23.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


22 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

5.03.2010

Goeie reën val noord

OORNAGSE verandering het die Cuvelai-gebied getref, met ’n goeie neerslag by Ulupumbu wat die riviervlakke in die gebied met stygings van tot 16 cm verhoog het.

Die Katima Mulilo-meetstasie van die Zambezirivier dui op ’n styging van 29 cm binne twee dae.

Intussen is die Hardapdam se sluise ná byna twee dae toegemaak. Skraal kanse vir reën word verder vir die land voorspel, alhoewel reënwolke in die Noorde voorkom.

Ondanks die wisselvalige vlakke wat die riviere in die Cuvelai-gebied die afgelope paar weke ervaar het, met minimale stygings en heelwat afname wat aangeteken is, het die riviere gister oornag geweldige stygings ervaar met die Engela-meetstasie wat gisteroggend ’n toename van 16 cm aangeteken het. Die styging in die riviervlakke is te danke aan die 52,4 mm reën wat Ulupumbu die vorige dag ontvang het.

Die sluise van die Hardapdam is Dinsdag om 23:00 ná byna twee dae gesluit. Die totale uitvloei is 44,399 miljoen kubieke meter water sedert die sluise Dinsdag om 06:00 oopgemaak is. Die invloei vir hierdie tydperk was 55,603 miljoen kubieke meter water.

Die Hardapdam wat gistermiddag op ’n kapasiteitsinhoud van 70,6 persent gestaan het, het in die reënseisoen tot Dinsdagaand elfuur 71,903 miljoen kubieke meter water uitgelaat.

Die invloei in dieselfde tydperk was 142,160 miljoen kubieke meter water. Die invloei in die dam het gister afgeneem tot ’n tempo van 25 kubieke meter per sekonde.

Die Zambezirivier se watervlak styg steeds met die verwagting dat dit teen die middel van die maand tot sewe meter sal toeneem. ’n Voorspelling is dat die vloed soortgelyk sal wees aan die van 2007, hoër as dié van in 2008, maar laer as verlede jaar s’n.

Die Katima Mulilo-meetstasie van die Zambezirivier het gisteroggend ’n hoogte van 5.46 m aangeteken. Dit is as gevolg van die 22,9 mm reën wat die vorige dag oor Katima Mulilo neergesak het.

Die weerkantoor voorspel dat Namibiërs nie baie reën te wagte moet wees nie, “maar slegs ’n paar druppels hier en daar.” ’n Inwoner van Oshakati het gister aan Republikein vertel dat reënwolke wel oor die gebied hang, maar geen reën in die dag uitgesak het nie.

Francios Olivier