23.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


22 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

23.01.2012

Girokopter val by Maltahöhe

© Republikein
’n GIROKOPTER met ’n egpaar aan boord het Saterdagmiddag in oorhoofse kragdrade in die omgewing van Maltahöhe vasgevlieg en neergestort.

Die ongeluk het omstreeks 12:30 plaasgevind toe mnr. Albert Voigts (38) en sy vrou Lisa (24) vanaf hul plaas Nomtsas, noord van Maltahöhe, met hul girokopter na die plaas Orion van me. Elise Cilliers, sowat 100 km suid van die dorp, onderweg was.

Weens die afwesigheid van ’n landingstrook op Orion wou die vlieënier, mnr. Voigts, die girokopter in die D811-grondpad (die pad vanaf die Swartrand oor Gibeon na Mariental) land. Die pad is op die plaas Bethal van die NG kerk-predikant, ds. Hugo Truter, geleë wat ten tyde van die voorval op die dorp was.

Voigts het klaarblyklik nie die oorhoofse kragdrade opgemerk nie en daarin vasgevlieg, volgens die streekskommissaris van die Hardapstreek, komm. Kobus Meyer.

“Die polisie het dadelik ná die tyding ’n polisiehelikopter uitgestuur om die beseerde egpaar te gaan haal waarna hulle na die hospitaal op Mariental gevlieg is. Van daar is hulle met ’n International SOS noodvlug na ’n Windhoekse hospitaal gevlieg.” Meyer het gister gesê dat die egpaar se toestand ernstig, maar stabiel is.

In die NG kerk op Maltahöhe is gisteroggend tydens die erediens afgekondig dat dit onder omstandighede goed met die twee gaan en dat hulle waarskynlik gistermiddag of vandag uit die hospitaal ontslaan sal word.

Me. Voigts het glo ernstige gesigbeserings opgedoen.