Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


8 Februarie 2012

Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

12.03.2010

GIPF rem Kuleni-transaksie

© Republikein
Mnr. Primus Hango
DIE uitkontraktering van die administrasie van die Staatsdiens se pensioenfonds (GIPF) na Kuleni Funds is tydelik opgeskort om eers alle onduidelikhede op te los van kwessies wat die belanghebbende partye raak.

Die hoof uitvoerende beampte van die GIPF, mnr. Primus Hango, het gister láát ’n verklaring uitgereik om te bevestig dat die fonds se trustees besluit het om nie die administratiewe dienste vanaf 1 April na Kuleni Funds oor te plaas nie.

Die Eerste Minister, mnr. Nahas Angula, het in ’n stadium beswaar aangeteken teen die stap om die GIPF se administrasie aan Kuleni Funds uit te kontrakteer, terwyl die Nasionale Unie vir Namibiese Werkers (NUNW) se mnr. Evilastus Kaaronda self sy bedenkinge oor die saak het. Die sekretaris-generaal van die Unie vir Staatsdienswerkers (Napwu), mnr. Peter Nevonga, wat die unies verteenwoordig op die raad van trustees is nou ook in die spervuur van die NUNW.

Nog ’n aangeleentheid wat volgens mnr. Hango uitgeklaar moet word, is die oorplasing van bedryfsbates wat nou in die GIPF-huis geakkommodeer word.

“Die raad het voorts besluit om die briewe van kennisgewing vir die beëindiging van diens by die GIPF terug te trek. Die briewe is verlede week deur die werknemers ontvang en hulle sal weer in kennis gestel word van ’n datum waarop hulle na Kuleni Fund oorgeplaas sal word,” lui die verklaring.

Volgens mnr. Hango bly die trustees van die GIPF daartoe verbind om ’n fondsadministreerder aan te stel. Dus bly die besluit van die trustees om die administratiewe dienste van die GIPF na Kuleni Fund oor te plaas, van krag, maar dit is nou ’n kwessie van wanneer dit uitgevoer gaan word.

Mnr. Hango sê intussen word die status quo ten opsigte van die GIPFwerksaamhede behou, terwyl met die belanghebbende partye in gesprek getree gaan word om breë ondersteuning vir die besluit te kry om die administratiewe dienste oor te plaas.