23.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


22 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

30.08.2010

Gevangenes begenadig

© Hifikepunye-Pohamba
’n PRESIDENSIËLE begenadiging aan verskeie gevangenes is tydens die herdenking van Heldedag gedoen met ’n vermaning dat hierdie groep se vrylating nie bedoel is om gevaarlike misdadigers terug in die gemeenskap te plaas word nie.

Daarom, het President Hifikepunye Pohamba gesê, sal geen misdadigers wat vir moord, poging tot moord, verkragting, aanranding met die doel om ernstig te beseer, diefstal met verswarende omstandighede, huisbraak met verswarende omstandighede, die onwettige vervoer of verskaffing van dwelms en ander ernstige oortredings vir die begenadiging in aanmerking kom nie.

Hy het gesê die inligting rondom die vrylating en opskorting sal in die staatskoerant gepubliseer word en geld vir gevangenes wat ’n straf van minder as twee jaar opgelê is en reeds een en ’n halwe jaar daarvan uitgedien het; gevangenes wat 60 jaar of ouer is en goeie dissipline in die tronk gehandhaaf het en nie ’n risiko vir die gemeenskap sal wees indien hul vrygelaat word nie; asook gevangenes wie se voorwaardelike vrylating op parool op of voor 26 Augustus vanjaar goedgekeur is.

President Pohamba het die gevangenisdienste binne die Ministerie van Veiligheid en Sekuriteit opdrag gegee om persone te identifiseer wat aan die kriteria vir vrylating voldoen.

“Ek doen ’n beroep op alle gevangens wat hierdeur bevoordeel word om dit in geen mate te misbruik nie. Ek wil hê hulle moet hul lewens verander en verantwoordelik optree en nie in die versoeking gelei word om weer hul vorige misdade te pleeg nie,” het Pres. Pohamba gesê.