23.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


22 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

30.07.2010

Gemeenskapsverset neem toe

© Floris van Schouwenburg
Inwoners van Khomasdal loop daagliks deur die Gammamsrivierloop. ’n Petisie gaan nou opgestel word waarin die skoonmaak van die rivierloop geëis word.

DRUK en verset groei uit alle vlakke van die staatshuishouding teen die land se owerhede en die veiligheidsinstellings om die slepende nasionale frustrasie met geweldsmisdaad dringend en doeltreffend aan te pak.
© Floris van Schouwenburg
’n Groepie bejaarde vroue van Khomasdal was gister by die moordtoneel om te bid en ook om saam oplossings te soek om soortgelyke voorvalle van wreedheid te verhoed.
Aan die spits van die aanmars is ’n groep bejaarde vroue van Khomasdal wat eis dat die gemeenskap tot aksie moet oorgaan om te verseker dat ’n brug gebou word waar die grumoord op Magdalena Stoffels gepleeg is; dat die rivierlope in die stad skoongemaak moet word; polisiepatrollies meer gereeld gedoen word en veel strenger strafmaatreëls teen misdadigers geld.

Die Namibiese Raad van Kerke, die Nasionale Studente-organisasie, die Swapo-vroueliga en studente van Unam het hulle by die groepie bejaarde vroue in hul kruistog gevoegom hul eise te laat hoor.

Al die organisasies het die moord sterk veroordeel en almal het duidelike eise aan die Regering gestel om die euwelso doeltreffend moontlik te bekamp.

Uit die oord van die kerkeraad word geëis dat plaaslike owerhede meer moet doen om die plekke waar dié soort misdaad plaasvind, skoon te hou.

Die organisasie eis ook ’n groter polisieteenwoordigheid om te verseker dat misdadigers twee keer sal dink voor hulle met hul dade voortgaan.

Die Nasionale Studente-organisasie se lede het in hul honderde na die hof waar die beskuldigde in die moord gister verskyn het, opgeruk om hul eise aan die owerhede voelbaar te maak.

Die studente sê strenger optrede en swaarder strawwe moet teen misdadigers uitgemeet word. Nanso het veral op geweld teen vroue en kinders gefokus.

Studente van Unam het tydens die massaprotes by die Katutura landdroshof geëis dat ’n spesiale kantoor vir geweld teen vroue in die lewe geroep moet word. Die kantoor moet volgens die studente verantwoordelikheid neem om die gedeeltes van die bestaande Huishoudelike geweldswette en beleide strenger te implementeer.

Die Swapo Vroueliga het die owerhede versoek om die land en sy mense weer toe te spreek oor hoe veilig elke inwoner van die land is. Die organisasie wil ook weet wa van die moraliteit in die Namibiese samelewing geword het.

Benewens die eise dat groter bewustheid oor die euwelvan misdaad teen vroue onder die land se inwoners gekweek moet word, het die Swapovroue ook beter polisiëring van die owerhede geëis. Hulle het selfs ’n beroep op internasionale skenkingsorganisasie gedoen om die totstandkoming van siviele organisasies wat sosiale euwels daadwerklik beveg, te finansier.