
Vreugdevure het die naweek hoog gebrand toe leerlinge, ouers, onderwysers en oudleerlinge van Windhoek Hoërskool hul alma mater se 95ste bestaansjaar herdenk het. Die skool het op 5 Februarie 1917 sy deure geopen en het hom deur die jare as een van die voorste skole in die land gevestig .