Evasgewade op wiele in woestyn

Groot was die verbasing van mnr. Jonathan en me. Monique Leach van Agama River Camp naby Sossusvlei toe ?n groep vroue in hul Evasgewade Sondagoggend aan die lodge se voordeur klop en dadelik met die (naakte) deur in die huis val:

?Kan ons maar inkom, maar ons is almal naak??

Uit die groep van 15 vroulike fietsryers, was 12 poedelnakend kaal, volgens me. Leach.

Die toergroep se naam is Tour de Afrique en hulle is van onder meer Kanada, Nieu-Zeeland, Australië, Nederland, Engeland en Ierland. Hulle toer per fiets van Kaïro na Kaapstad. Hulle het op 14 Januarie in Kaïro weggespring en beplan om op 12 Mei in Kaapstad aan te kom.

?Dis glo tradisie dat hulle in Namibië een myl per dag kaal ry, maar die groep het besluit hulle ry partykeer sommer meer as net ?n myl naak,? skryf Leach aan Republikein.

?Ons het hulle ?n baie vriendelike verwelkoming by Agama River Camp gegee. Hulle het ons bedank dat ons hulle nie veroordeel het omdat hulle naak was nie, aangesien hulle nie altyd met ope arms ontvang was nie,? volgens Leach.

Die vroue het ?n drankie by die kroeg geniet en koele (kale) lafenis in die swembad gevind, voordat hulle weer die 48 km-skof na Sesriem aangepak het.

Kategorie: