22.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


22 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

25.01.2012

Evaluerings voor Operasie Glimlag se gesigoperasies

VIR alle kinders en volwassenes wat met ’n gesplete lip en of gesplete verhemelte gebore is of enige ander gesigsafwyking het, bied hierdie week ’n gulde geleentheid om die aandag op die afwykings te vestig.

Operasie Glimlag Suid-Afrika (OSSA), in vennootskap met die Namibiese Ministerie van Gesondheid en Maatskaplike Dienste, kom hierdie mense tegemoet deur vandeesweek landwyd gratis mediese evaluering van sulke toestande te doen.

Die evaluerings sal aan OSSA ’n aanduiding gee van hoeveel mense in Namibië ’n behoefte aan korrektiewe chirurgie het. Die evaluerings is ’n opvolgaksie op die aanvangsoperasies wat in Februarie verlede jaar in Namibië uitgevoer is.

Meer as 40 mediese sowel as niemediese personeel het na Windhoek gereis waar 77 kinders en volwassenes geëvalueer is. Meer as 50 kinders en volwassenes het na afloop van die evaluasiesessies gratis lewensveranderende operasies ondergaan.

Pasiënte wat verlede jaar geopereer is, word deur OSSA versoek om môre die Oshakati intermediêre hospitaal en Vrydag die Windhoek Sentrale hospitaal vir hul gratis opvolgondersoeke te besoek.

Intussen kan kinders en volwassenes met gesiggebreke op die volgende dae by die betrokke hospitale aanmeld vir ’n evalueringsondersoek:

Môre: Rundu-hospitaal (11:00 tot 18:00); Tsumeb-hospitaal (15:00 tot 16:00).

Donderdag: Oshakati intermediëre hospitaal (09:00 tot 10:00), Outapihospitaal (13:00 tot 14:00); Eenhanahospitaal (15:00 tot 16:00) en Onandjokwe- hospitaal (17:00 tot 18:00).

Vrydag: Windhoek Sentrale hospitaal (13:00 tot 14:00)

OSSA is deel van ’n wêreldwye niewinsgewende mediese organisasie wat die afgelope 29 jaar meer as 200 000 kinders oral in die wêreld behandel het. Die organisasie bedryf tans programme in meer as 60 lidlande. Operasie Glimlag voorsien die infrastruktuur, toerusting, opleiding en kennis om landelike gesondheidsorg te verbeter.