Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


3 Februarie 2012

Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

16.07.2010

Erge koue en reën tref Suide

© Willie Langford
Willie Langford van Windhoek sê hy kon nie anders as om gisteroggend by dié sportveld naby die munisipale swembad in Olympia stil te hou nie. “Die spreiers was sekerlik deur die nag ’n bietjie oop en dis hoe dit om 07:00 gelyk het. Die ys het pragtig om van die langer grashalms aangepak, tot amper so dik as 2 cm.” Stuur ook jou foto’s oor die koue na lesers@republikein.com.na.

SNERPENDE kouetoestande heers oor Namibië, maar dit is veral die Suide wat die ergste getref word.

Hoewel ’n rekord gewoonlik iets is waarmee ’n mens kan spog, kan die inwoners van Aus en die omgewing egter nie wag dat die koue wyk nie. ’n Week van rekords heers daar.

Sondag 11 Julie het die omgewing sy laagste maksimum ooit ervaar toe die kwik maar skaars tot by 5 grade Celsius gestyg het. Volgens www.namibiaweather.info was die koudste nag Maandag gewees toe die gemiddelde temperatuur maar net 1.5 grade Celsius was.
© Floris van Schouwenburg
Die grootste deel van huishoudings van die westelike woonbuurte van Windhoek lê met hoër kragtariewe en ’n nypende paraffientekort die byl in op oop spasies om brandhout vir hitte en kosmaak bymekaar te maak. Die groep vroue met die rokende NamPower torings in die agtergrond was gister in die oop veld langs die Westelike Verpypad met ’n spanpoging besig om hulle op die groot koue voor te berei wat landwyd voorspel word.

Gisteroggend moes die inwoners ’n miminum van -1.4 grade trotseer en teen 07:00 was dit maar -1.7 grade. Hoewel dit teen 12:00 gister 7.8 grade Celsius was, was die aanvoelbaarheidtemperatuur vier grade gewees. ’n Rekord windverkoelingsfaktor is gister ook by Aus aangeteken, te wete -8.4 grade Celsius. ’n Skamele maksimum temperatuur van 10.6 grade is gister op Aus gemeet.

Ten spyte van die aanhoudende koue en die feit dat Aus tradisioneel deel vorm van die Suider-Afrikaaanse winterreënvalstreek, heers droogte daar. Die gemiddelde reënval vir die Aus-omgewing tydens wintermaande is 50 mm en sowat 80 mm in ’n jaar. In Junie en Julie vanjaar is net 2 mm reën aangeteken.

Oranjemund se reënvalsyfer lyk egter beter met 22.5 mm wat in die laaste twee dae gemeet is. Die minimum temperatuur van die dorpie was gisteroggend 4.1 grade Celsius.

Temperature wat gisteroggend in Windhoek gemeet was, is 1.8 grade Celsius in Hochlandpark en -3.3 grade by Regenstein in die Auasberge. Laagliggende gebiede in Windhoek kon straks nóg laer temperature ervaar het.

Die maksimum temperature vir die twee weerstasies was onderskeidelik 18.6 grade en 15.1 grade. Die koudste oggendtemperatuur is gister by Stampriet gemeet toe die kwik tot by -3.9 grade Celsius by die Kalahari Anib Lodge gedaal het.

Die maksimum temperatuur vir Stampriet was 14.4 grade.
Intussen het die weerkantoor vanoggend voorspel dat ’n gemiddelde minimum temperatuur van vriespunt vanoggend op die meeste dorpe (behalwe in die Noorde) gemeet sou word.

Selfs vir Tsumkwe is -1 graad Celsius voorspel. In die verre Suide sal die maksimum temperature effens warmer wees en tussen 15 en 13 grade Celsius wissel. Meer na die sentrale dele van die land kan ’n maksimum van 19 grade bereik word.