Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


8 Februarie 2012

Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

10.03.2010

Eerbiedig deur die lewe

© Ellanie Smit
Ouma Anna, ’n jarelange inwoner van Rehoboth, word vandag 100 jaar oud en is gereed om nog baie jare aan te pak.

Me. Anna Coetzee wat oorspronklik van Aroab kom, woon reeds 79 jaar op Rehoboth.

Volgens haar is die rede vir haar lang lewe die feit dat sy haar ouers altyd gerespekteer en geëer het.“Die Bybel sê, eer jou vader en jou moeder en jou dae sal verleng word,” het sy gesê.

Ouma Anna het haar man, Hendrik, op Aroab ontmoet toe sy 21 jaar oud was. Hy is in 1979 oorlede. Behalwe vir probleme met haar sig en gehoor, is sy nog sterk en gesond en sy het tot onlangs nog weekliks selfs ’n paar kilometer gestap.

Ouma Anna het tien kinders in die lewe gebring van wie vier nog leef. Sy is die trotse ouma en oumagrootjie van 45 kleinkinders en 86 agterkleinkinders.