22.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


22 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

8.02.2012

DNA slaan geweldenaar dronk

© Francoise Steynberg
Mnr. Elton Christiaan
DIE 75-jarige me. Feitjie Brand het op haar sterfbed in die staatshospitaal op Keetmanshoop glo vir ’n verpleegster beskryf hoe ’n man op die aand van 9 Februarie 2008 deur haar kamervenster geklim, haar aangeval en verkrag het.

Brand is die volgende dag aan veelvuldige beserings in die hospitaal oorlede, maar nie voor sy glo die aanvaller teen wie sy haarself heftig verdedig het, vir die verpleegster beskryf het nie.

Die verhoor van die beskuldigde, mnr. Elton Christiaan, wat na bewering die bejaarde inwoner van Keetmanshoop verkrag en vermoor het, is gister in die Hoërhof in Windhoek voortgesit.

Christiaan het skuld op klagte van moord, huisbraak met die doel om te verkrag en roof met verswarende omstandighede ontken. Gister in die beskuldigdebank was sy antwoorde deurlopend: “Ek weet nie”.

Een van die verdoemende stukkies getuienis wat deur aanklaer Ethel Ndlovu geopper is, is die uitslag van die DNA-toetse wat aandui dat die beskuldigde se semen in die oorledene se geslagsdele gevind is.

“Ek weet nie, ek was nie daardie dag daar nie,” het Christaan geantwoord. “Ek weet niks van die goed (DNA) af nie. Hoeveel mense val in dieselfde DNA-groep?” wou hy weet.

Die regter het die beskuldigde daaraan herinner dat hy nie vrae in die hof mag vra nie, maar slegs antwoorde moet verskaf.

Ndlovu het aan die beskuldigde verduidelik dat net een uit 4 457 000 miljard mense met die DNAprofiel kan ooreenstem.

Voorts wou Ndlovu van Christiaan weet of hy sy onderbroek, broek, baadjie en skoene op die toneel vergeet het.

“Ek dra nie ’n onderbroek nie en die baadjie en skoene is nie myne nie,” het die beskuldigde geantwoord.

Ndlovu wou ook weet hoe Christiaan die kneusmerke en krapbeserings, soos onder meer aan sy anus, rug, bors en linkerbobeen, opgedoen het. “Volgens die dokter kon jy die beserings net weens geweld opgedoen het. Is die beserings deur die oorledene veroorsaak?” het sy gevra.

Die beskuldigde het gesê dat hy die aand dronk was en moontlik vroeër beseer is. Wat die beserings aan sy rug betref, het hy gesê dat hy teen ’n boomstam geleun het.

Voorts het hy die anale besering toegeskryf aan ’n drom waarop hy gesit het. “Hoe kon jy ’n anale besering opgedoen het as jy ’n broek aangehad het?” wou Ndluvo weet.

“Die manier hoe ek gesit het kon die beserings veroorsaak. Die drom kon gesny gewees het,” het die beskuldigde geantwoord.

Voorts is die oorsaak van die beserings wat op 10 Februarie 2008 aan Christiaan gevind is, ook aan doringdraad toegedig waarna sy regsverteenwoordiger, mnr. Titus Ipumbu, wou weet watter tipe draad. Die beskuldigde het bevestig dat hy op doringdraad gesit het.

Ndluvo het in haar samevatting gesê dat verskeie bewyse soos die beskuldigde se DNA, beserings, klere en gesteelde goedere in sy besit, daarop dui dat hy skuldig is.

“Dit is nie ek nie,” het Christiaan volgehou.

Regter Alfred Siboleka het die saak vir voorleggings deur die staat en verdediging tot 14:15 vandag uitgestel.