Die Brasiliaanse ambassade in Namibië het Vrydag sy land se onafhanklikheidsdag in Windhoek gevier, ?n onafhanklikheid wat Brasilië in 1822 van Portugal verkry het. Die Brasiliaanse ambassadeur, mnr. José Vicente Lessa (regs), verskyn saam met Britse hoë kommissaris in Namibië, me. Marianne Young. Brittanje het vanjaar die Olimpiese Spele aangebied met Brasilië wat in 2016 die Spele se gasheerland gaan wees.