22.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


22 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

25.08.2010

Boois op kantlyn vir Heldedag

© Republikein
Dawid Boois
PROTOKOLBLAPSE tydens die verwelkoming van eregaste by nasionale geleenthede het die vermoëns van goewerneur Dawid Boois van die Karas-streek onder verdenking geplaas.

Die bespiegeling is verder aangeblaas nadat President Hifikepunye Pohamba skriftelik opdrag gegee het dat die vorige streekgoewerneur, mnr. Stephanus Goliath, môre tydens die nasionale Heldedagvieringe op Lüderitz moet optree.

Die feit dat mnr. Boois tans in die hof op klagte van korrupsie tereg staan, het moontlik ook met die besluit van die Staatshoof te te make. Dit word bespiegel dat as gevolg van ’n hangende kriminele klag, sy leiding by Heldedag moontlik as ’n verleentheid beskou kan word, gesien in die lig van die morele en geloofwaardigheidsetiket van die Regering.

Die nasionale komitee wat verlede jaar die onafhanklikheidsfees op Keetmanshoop gereël het, moes ingryp om te verhoed dat die plaaslike organiseerders nie tydens die geleentheid ’n verleentheid veroorsaak nie.

Die diplomatieke flater deur goewerneur Boois het verlede jaar die taak van die komitee bemoeilik toe hy in sy verwelkomingstoespraak slegs sekere lande se diplomatieke verteenwoordigers uitgesonder het wat by die fees teenwoordig was.

Mnr. Boois het in sy toespraak net die teenwoordigheid van die hoë kommissarisse van Suid-Afrika en Nigerië en die ambassadeurs van Duitsland en China verwelkom. Die flater het ’n groot aantal ander verteenwoordigers so ontstel dat sommige glo die verrigtinge verlaat het tot eerw. Willem Konjore wat as die seremoniemeester opgetree het, die blaps vinnig reggestel en die vergete verteenwoordigers ook erken en verwelkom het.

Verder het die plaaslike reëlingskomitee onder leierskap van mnr. Boois ondanks die Regering se pleidooi vir nasionale eenheid en alle pogings om tradisionele leiers te betrek, die opposisiepartye asook tradisionele leiers wat simpatie met die opposisie betoon, aanvanklik nie as gaste genooi nie.

Mnr. Goliath sal môre as seremoniemeester deur die Adjunkminister van Myne en Energie, mnr. Willem Isaak, bygestaan word.