
’n Hamburger is net die ding! Dr. Christina Swart-Opperman oorhandig ’n hamburger aan ’n leerling van die Primêre Skool Olof Palme, met mnr. Chris van der Merwe, eienaar van Wimpy Maerua, wat met nog hamburgers nader staan.
’n DUISEND kinders geniet hierdie week elk ’n gratis hamburger, na aanleiding van ’n belofte wat verlede jaar by die jaarlikse galadinee van die Christina Swart-Opperman- trust vir vigswesies afgelê is.
Die taak rus op die skouers van die Wimpy-restaurant in Maerua Mall om die hamburgers voor te berei wat spruit uit sy belofte verlede jaar om 1 000 hamburgers gratis aan die kinders te voorsien.
Die trust het kinders by verskillende projekte as die gelukkiges geïdentifiseer. Die uitdeel van hamburgers het reeds Maandag begin en duur tot Vrydag met tweehonderd kinders wat elke dag hul gratis pakkie ontvang.
Die doel van die Christina Swart- Opperman trust vir vigswesies is om kinders wat as gevolg van MIV/ vigs wees gelaat is, by te staan.