22.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


22 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

3.09.2010

Bekende Petra Hamman nie meer


Wyle me. Petra Hamman
‘n VOORMALIGE burgemeester van Windhoek, me. Petra Hamman (75), het in die nagtelike ure van gisteroggend ná ‘n lang siekbed gesterf. In Windhoek was sy ook bekend as pedagoog, historikus, ‘n veelbelese dame, politieke aktivis en ‘n bydraer van Republikein. Me. Hamman se vier kinders, Piet, Johann, Hugo en Igna was met haar sterfte op Swakopmund.

Sy was ook die ouma van ses kleinkinders. Haar man, wyle mnr. Piet Hamman, het haar sowat twee jaar gelede ontval. Oor haar openbare loopbaan het sy altyd ‘n ontmoeting met koningin Elizabeth van Engeland in 1992 in Windhoek as ‘n hoogtepunt beskou.

Haar belangstelling in die joernalistiek het Petra in die jare sestig ‘n redaksielid van die destydse Die Suidwester gemaak. In haar latere lewe het haar liefde vir die koerantwese haar bygebly en was sy benewens baie briewe in koerante ook ‘n rubriekskrywer in Plus.

In die politiek was sy ‘n lid van die hoofbestuur van die Nasionale Party en tot kort voor haar dood was sy ‘n steunpilaar van die Inwonersvereniging van Swakopmund. As wêreldreisiger het sy vele lande van Europa besoek.

Haar liefde vir geskiedenis het haar ook ‘n student van die tydvakke van leiers soos Stalin gemaak. Een van haar gewilde kuierplekke in Europa was België weens haar besondere liefde vir die Vlaamse taal. In Europa het sy op die klein goedjies vir die kunsrak gekonsentreer.

Daar was in haar bagasie altyd plek vir goed soos ‘n padda van porselein of die gipsbeeldjie van ‘n engel. Sy het ook met pakke poskaarte en boeke uit die buiteland teruggekeer wat hier deel van haar kosbare besit geword het.

Die laaste hulde aan wyle Petra Hamman sal Maandagoggend om elfuur tydens ‘n roudiens in die NG-kerk op Swakopmund gebring word.