22.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


22 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

25.08.2010

Baanbreker sterf

© Verskaf
’n MAN wat diep spore in die gemeenskap van Gobabis getrap het, Karel Steenkamp Dannhauser, het op 20 Augustus sy stryd teen kanker verloor.

Mnr. Dannhauser is op 24 Januarie 1952 in Pretoria gebore. Hy het daar en op Standerton grootgeword waar hy in 1969 gematrikuleer het. Hy het aan die Universiteit van Port Elizabeth ’n BJur-graad verwerf waarna hy aan die Universiteit van Pietermaritzburg sy LLB-graad verwerf het. Hy het hierna by die Suid-Afrikaanse vloot aangesluit en as regsoffisier in Simonstad en in Pretoria gewerk.

Mnr. Dannhauser en sy vrou Elzabe is op 8 Desember 1979 op Gochas getroud en in Januarie 1980 het mnr. Dannhauser hy Serfontein & Wessels in Pretoria sy leerkontrak begin. In Augustus daardie jaar is die egpaar Nigel toe waar hy sy leerkontrak voltooi het.

Op1 Februarie 1982 het hy by Theunissen & De Wet (nou Theunissen, Louw & Partners) in Windhoek begin werk en op 1 Februarie 1983 het hy die praktyk op Gobabis oorgeneem by Dr. Weder, Kruger & Hartmann en die praktyk herdoop na K.S. Dannhauser, soos dit nou nog bekend staan.

Mnr. Dannhauser was baie betrokke by die gemeenskap, die kerk, Gideons, die sakekamer en hy het op vele besture gedien. Hy was ook vir lank op die dissiplinêre komitee van regspraktisyns. Die afgelope ses jaar was hy op die direksie van die Prokureursorde van Namibië.

Hy het ook geboer en was ’n vlieënier, iets waarvoor hy ’n groot passie gehad het. Hy was in 1 SWA Eskader. Hy was ook op een tydstip ’n kandidaat vir die DTA.

Op 29 Junie vanjaar is mnr. Dannhauser met breinkanker gediagnoseer.
Hy laat sy vrou, Elzabe en vier kinders, Nelius, Santi, Marni en Marnus agter.

Mnr. Dannhauer word op Vrydag 27 Augustus om 09:00 vanuit Gobabis se Moedergemeente begrawe.