22.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


22 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

25.08.2010

Arbitrasie oor Purity-staking rol voort

© Ellanie Smit
Van die voormalige werknemers van Purity Manganese wat verlede week by die Ministerie van Arbeid aangemeld het vir die voortgesette arbitrasieverhore oor hul afdanking verlede jaar tydens ’n beweerde onwettige staking.

DIE arbitrasieverhoor wat die lot van 156 werkers moet bepaal wat verlede jaar weens ’n beweerde onwettige staking deur die bestuur van Purity Manganese se myn by Otjozondu afgedank is, hervat volgende week.

Hulle sê hulle is onwettig in die pad gesteek.

Die slakkepas waarteen die proses vorder, het verlede week voortgeduur.

Nog net een werker het getuig nadat mnr. Borris Bannai verlede week die mangaanmyn se saak gestel het.

Die volgende verhoordatums is 30 Augustus en 1 September.

Mnr. Bannai het bevestig dat hy verlede week getuig het. Hy staan rotsvas daarby dat dit inderdaad ’n onwettige staking was en dat die maatskappy dus heeltemal binne sy wetlike magte opgetree het deur alle deelnemers aan die oproer af te dank.

“Ons weet van geen staking nie,” het mnr. Tommy Kaereho van die Mynwerkersunie (MUN) die vakbond se standpunt opgesom.

Mnr. Evilastus Kaaronda, sekretaris-generaal van die Nasionale Unie vir Namibiese Werkers (NUNW), het ronduit ontken dat die maatskappy hom na bewering as getuie teen die federasie se lidbond vir die mynwese wou gebruik. “Hoe kan ek vir hulle (Purity) getuig?” wou hy weet. “Dit sou mos hul saak benadeel.”

Mnr. Jeff Tjitemisa tree vir die klaers op.