Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Tierheim Practice Show


Motor 11 Julie

Land van kontraste


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.06.08

Noodlanding loop skeef buite Swakop

16.06.08

Rooikruisvrou uit Ethiopië gegooi

23.06.08

Moord op Walvis

10.06.08

‘Ontvoerde’ ma aangekla

06.06.08

Nog ’n aanslag op Ooste-boere

16.05.2008

Agt gevalle van dodelike superkiem-TB

AGT gevalle van ’n dodelike en uiters hardnekkige tuberkulose-stam in ses verskillende dorpe in Namibië is gister deur die Minister van Gesondheid en Maatskaplike Dienste, dr. Richard Kamwi, bevestig en sewe maatreëls is terstond afgekondig om die superkiem aan bande te lê.

Sowat 18 maande gelede het ’n dokter in Kwazulu-Natal die nuwe tuberkulose-stam ontdek en toe was reeds gevrees dat die stam na ander lande in Suider-Afrika kan versprei. Dr. Kamwi het gistermiddag tydens ’n nood-mediakonferensie in Windhoek gesê in Maart vanjaar het Namibië 291 gevalle van MDR-TB (’n stam wat weerstand teen sekere behandeling het) gehad.

“Ons het kundiges aangewys om te bepaal of enige van dié gevalle verder tot XDR-TB vererger het. “Vanmiddag (gistermiddag) het ons die verslag van die Wêreldgesondheidorganisasie en gesondheidkundiges van Suid-Afrika ontvang wat ons vermoede bevestig het,” het dr. Kamwi gesê.

Vyf vroue en drie mans tussen die ouderdomme 29 en 49 het XDR-TB onder lede. Twee is in Oshakati, twee in Walvisbaai en een geval elk word op Katima Mulilo, Okahao, Onandjokwe en Outapi behandel. Dr. Kamwi het verduidelik dat MDR-TB weerstand bied teen twee van die standaard tuberkulose geneesmiddelds (rifampicin en isoniazid), terwyl XDRTB weerstand bied teen nóg twee groepe geneesmiddels, te wete flouroquinolones en inspuitbare aminoglycosides.

“Dit beteken egter nie dat XDR-TB nie behandel kan word nie, maar keuses is beperk. “Alle XDR-TB gevalle moet in ’n hospitaal in afsondering behandel word. Dit is om die pasiënt se vordering noukeurig dop te hou én om te verhoed dat die kiem verder versprei,” het dr. Kamwi gesê.

Minister Kamwi het gister ook sewe maatreëls afgekondig wat onmiddellik in werking tree. “Om XDR-TB te voorkom, moet die getal pasiënte wat MDR-TB ontwikkel het, verminder word. Alle tuberkulose pasiënte moet hul behandeling volg en hulle moet deur gesondheidwerkers gemonitor word.” Volgens dr. Kamwi is dit gewoonlik mense wat hulle behandeling staak wat weerstand teen medisyne ontwikkel.

Die tweede punt wat hy uitgelig het, is dat Direk Waarneembare Behandeling (DOT’s) ’n hoogs doeltreffende wyse is om te verhoed dat pasiënte hul behandelingskursus staak. Dié strategie sal in al 13 streke verder versterk word. Dr. Kamwi het Namibiërs die versekering gegee dat die Ministerie besig is om gespesialiseerde medisyne te bekom om alle gevalle van MDR-TB en XDR-TB te behandel.

“Ons sal verseker dat die invoer van die benodigde medisyne nie onnodig vertraag word nie.” Infeksiebeheer in hospitale sal oor die komende maande aansienlik versterk word. “Ons sal tuberkulose-sale, veral by die Katutura- en Oshakati-hospitaal, opknap en verander.

Die bouplanne moet nog net gefinaliseer word,” het dr. Kamwi gesê. Die laaste maatreël wat hy aangekondig het, was dat uitgesoekte dokters reeds opleiding ontvang om XDR-TB-gevalle te hanteer.