Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


8 Februarie 2012

Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

12.03.2010

‘Verkiesingswet moet hersien word’

DIE noodsaaklikheid bestaan vir die hersiening van die verkiesingswet waar aandag ook geskenk word aan die aantal dae waarop gestem word.

Die behoefte aan die verstewiging van sekere skroewe in die wet is nodig om onduidelikhede en weersprekende vertolkings uit die weg te ruim, het ’n dosent aan die Universiteit van Namibië (Unam), mnr. Phanuel Kaapama, in sy voorlegging oor die onderwerp gesê. Verskeie besprekings word oor die land se demokrasie aangebied in die aanloop tot onafhanklikheidsvieringe op 21 Maart.

Mnr. Kaapama het die week by die Politegnikum van Namibië opgetree. Die onderwerp, “Namibiese demokrasie na 20 jaar: vergelykende ontleding en perspektiewe,” het gehandel oor die simboliese en politieke belangrikheid van Namibië se Grondwet, Namibië as ’n neoliberale grondwetlike demokrasie, verkiesingsdemokrasie in die land en sosiale demokratiese opvattings in Namibië.

Hy het gesê ’n kultuur van praktyke van goeie verkiesingsadministrasie moet geïnstitusionaliseer word, aangesien dit nie goed lyk nie dat ’n stembrief op die vullishoop iewers in die Omaheke-streek gevind word. Hy het bygevoeg dat dit menslik is om foute te begaan, maar wat word gedoen om die foute reg te stel?

Hy betreur die feit dat die Grondwet nie voorsiening maak vir ’n proaktiewe meganisme vir die beslegging van konflikte nie. Hy het gesê die vooroordele wat struikelblokke in die weg van die kweking van ware vennootskappe is, moet oorbrug word.

Volgens hom erken die Verkiesingskommissie (ECN) dat ongerymdhede voorgekom het, maar dat dit van minder waarde is aangesien dit nie die uitslag kon beïnvloed nie. Die sleutel-uitdaging wat die ECN in die gesig staar, is dat dit nie oor ’n stelsel van gehaltebeheer beskik nie.

Mnr. Kaapama het gesê dat Namibië dusver vyf verkiesings gehou het, die ECN het oor vier van die verkiesings toesig gehou en drie daarvan is in die hof betwis. Hy het gesê die behoefte bestaan om te verseker dat demokrasie waterdig is. Hy het bygevoeg dat die wet vir kontrole voorsiening maak, maar sê nie waar dit gedoen moet word nie.

Mnr. Kaapama het verduidelik dat die Grondwet dien as ’n formele bron vir die begrip en regulering van die demokratiese proses. Dit voorsien meganismes wat verhoed dat die arbitrêre uitoefening van gesag die skeiding van staatsmagte, die basiese reëls oor die demokratiese verkiesingswedywering en verskanste, omvattende en afdwingbare handves van fundamentele menseregte tot gevolg het.

Die simboliese belang van die Grondwet is dat onafhanklikwording van die land saamgeval het met globale, vastelandse, streek-, geopolitieke en ideologiese gebeure. Daar was die val van die Berlynse Muur, die ineenstorting van die Sowjetunie en die ondergang van die Oosblok, die oorgang van eenpartystaat na veelpartystelsel en die ontbinding van die apartheidstelsel in Suid-Afrika.

Hy het gevra in watter mate die land in staat was om erkenning van die Grondwet as ’n lewenstandaard en kultuur te aanvaar.

Hy het verder gesê die kenmerke van ’n neo-liberale grondwetlike demokrasie is die veronderstelling dat die staat nie ’n wil van sy eie het aangesien dit geen ander doel het as dit wat gestel is deur diegene wat dit geskep het nie.

Gevolglik is die staat se werksaamhede gegrond op die goedkeuring van sy mense en plaas dit die klem op soveel individuele vryheid as wat versoenbaar is met die vryhede van ander.

Hy het oor die Namibiese tweeslagtige model bestuur en sy implikasies verduidelik dat elemente van ’n presidensiële stelsel van bestuur waar die uitvoerende president, met die president as beide staatshoof en regering, geen formele bande met die wetgewende vergadering het nie, met ander woorde hy is byvoorbeeld nie ’n lid wat stem nie.

Die lede van die kabinet dien op die prerogatief van die president. Die elemente van die parlementêre stelsel van bestuur oorvleuel die skeiding van die samestelling van die wetgewende vergadering en die uitvoerende gesag.

Vrae word nou gevra oor die doeltreffendheid van die wetgewende vergadering as die beskermer van die wetgewende funksies van die staat.

Mnr. Kaapama het verder oor die oppergesag van die reg teenoor regering deur middel van die wet gesê meerderheidsregerings moet nie lei tot tirannie of absolutisme nie. Gevolglik is die onafhanklikheid van die regstelsel in die proses van die handhawing van die land se wette onontbeerlik.

Hy het oor die skermutseling tussen politieke en regsterreine gesê die kwessies van politieke aard kan in die veld van regsjurisdiksie val, wat verskeie moeilike vrae mag laat ontstaan oor die verhouding tussen demokratiese verkose politieke ampsdraers en nie-verkose regters.

“Hoekom moet die wil van die meerderheid onderwerp word aan die impulse van ’n klein groepie regters?” wou hy weet.

Hy het James Madison se brief aan Thomas Jefferson op 17 Oktober 1788 aangehaal: “Waar ook al die ware mag in die regering lê, bestaan die gevaar van onderdrukking. In ons regering lê ware mag in die meerderheid van die gemeenskap en die aanslag op private regte moet gestaak word, nie deur middel van die optrede van die regering strydig met die wil van hul kiesers nie, maar deur optrede waarin die regering bloot ’n instrument van die meerderheid van sy kiesers is. Wanneer ook ’n belang is en die mag bestaan om verkeerd te doen, sal dit in die algemeen gedoen word, nie minder geredelik deur die meerderheid van die mense nie, as deur ’n prins.”