22.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


22 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

8.02.2010

‘Verandering van rivier se vloei rampspoedig’

© www.interbasemetals.com
Een van die eerste toetsgate wat by die Omitiomire-koperprojek geboor is.

DIE voornemende Omitiomire Koperprojek suid van Hochfeld het reeds kritiek onder bewaringsbewustes uitgelok, veral met die moontlike verandering van die vloei van die Swart Nossobrivier wat deur die plaas loop.

Een bewaringsbewuste, mnr. Norman Rothman, noem die projek ’n “rampspoedige onderneming”.

“Hierdie projek moet te alle koste gestaak word.”

Hy het verskeie redes verskaf hoekom die koperprojek nie omgewingsvriendelik is nie.

Die gebied is hoofsaaklik beesen wildplaaswêreld en is een van die mooiste dele in Namibië. Dit is ’n produktiewe gebied vir Namibië, maar is weens sy klimaat en omgewingstoestande ekologies baie sensitief.

“’n Klein, kunsmatige impak op die grondwater kan katastrofiese gevolge vir produktiwiteit inhou,” lui ’n brief van mnr. Rothman.

Ondergrondse water is skaars en sensitief vir seisoenale veranderinge.

“Hoë impak mynboubedrywighede gaan die hulpbron van die streek se basis verwoes. Dit sal ’n impak in ons leeftyd hê en moontlik in dié van ons kinders, veral wanneer in ag geneem word hoeveel water die myn sal benodig om oor ’n tydperk van 14 jaar optimaal bedryf te word.”

’n Duisend kubieke meter water per maand sal gebruik word. Mnr. Rothman sê voorts die Swart Nossobrivier is seisoenaal en het vir baie jare op sy roete beweeg.

“Die verandering van die vloei van die rivier sal rampspoedig wees. Dit sal ’n verreikende effek op die bestaande boorgate van die hele streek en verder weg hê.”

Hy sê ook dat die 240 meter oopgroefmyn die grondwater gaan besoedel. “Ek kan nie sien hoe die myn nie spanning op die watertafel vir die hele distrik gaan plaas nie.

“Die ondergrondse rotse is baie poreus en water word nie vir lank gestoor nie, maar filtreer weg. ’n Klein impak gaan die water verminder wat reeds beskikbaar is, wat dus minder water gaan laat om weg te filtreer. Dit beteken dat die grondwater verder weg, nie net plaaslik nie, beïnvloed gaan word.

“Daar is eenvoudig nie genoeg water vir die projek nie en om die rivier se vloei te verander, is malligheid,” sê mnr. Rothman.

Die Swart Nossobrivier is verantwoordelik om die grondwater te voed en gee seisoenale voorraad verder stroomaf.

“Die waterhonger myn gaan die meeste van die waterbehoefte stroomaf verminder, in watter kapasiteit ook al.”

Die feit dat groot volumes water van omliggende damme gepomp moet word vir mynboubedrywighede, gaan baie duur wees.

Mnr. Rothman sê Namibië het goeie reënseisoene gehad, “maar as ons twee droogteseisoene moet beleef, wat gaan van die reeds belaste watervoorsieningstelsel word?”

Hy sê voorts die rivier vloei nie in die see in nie en dat daar nie ’n oorvloed water is nie.

“Opdamming het dit nader aan mense gebring, maar dit het ook ’n negatiewe impak op die watertafel gehad.”

Hy doen ’n beroep op die publiek om objektief oor die aangeleentheid te wees.

“’n Oopgroefmyn het ’n negatiewe impak op boerderygemeenskappe, veral met betrekking tot grondwater.”