22.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


22 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

17.11.2009

‘Swapo het nou ware opponent’

© Oshakati-kantoor
Lede van die RDP-leierskap staan gereed om mnr. Hidipo Hamutenya op Ondangwa te verwelkom.

“DAAR is tans minstens 400 000 Namibiërs wat honger ly. Die inligting is onlangs deur die Verenigde Nasies se Food and Agriculture Organization (FAO) in Windhoek bekendgestel. Die Swapo-regering het nie die inligting bevraagteken nie, want hulle weet dat dit waar is,” het die leier van die Rally for Democracy and Progress (RDP), mnr. Hidipo Hamutenya, Saterdag op Ondangwa gesê.

“Namibië is tans besig om ekonomies agteruit te boer. Ons praat verandering en ons bedoel ware verandering.”

Volgens hom het Swapo planne wat mooi klink, maar is nie in staat om sy eie planne toe te pas nie. Hy het gesê onderwys is ‘n algehele mislukking en mislukking in onderwys lei noodwendig tot werkloosheid wat op sy beurt kriminaliteit skep.

“Hulle is as korrup bewys. Dit is hoekom hulle ophou praat van ‘zero korrupsie’ en solank hulle aan bewind is, sal niemand weens korrupsie in hegtenis geneem word nie,” het hy gesê.
© Oshakati-kantoor
Mnr. Hidipo Hamutenya word deur mnr. Jesaja Nyamu en ander leiers verwelkom.
“Namibië is ryk, maar die Swapo-regering het glad nie ‘n benul oor hoe om die land te bestuur nie. Korrupsie is deel van die probleem – dit is ‘n treurspel,” het hy gesë.

Hy het gepraat van mense wat weens korrupsie “kitsmilijoeners” geword het, maar wat tans vra dat Namibiërs vir Swapo moet stem sodat hulle “met hul plundering” kan voortgaan.

Hy het gesê ‘n stem vir Swapo is ‘n stem vir korrupsie en dat die sogenaamde “kontinuïteit” niks anders as die kontinuïteit van diefstal is nie.

“Om nie nou verandering teweeg te bring nie, is gelykstaande aan volksverraad. Ons moenie die foute van die afgelope sowat 20 jaar herhaal nie,” het hy gesê. Volgens hom is dit ook nie waar dat ministers en selfs die President nie in staat is om uit hul eie vir die opvoeding van hul kinders te betaal nie.
© Oshakati-kantoor
‘n Deel van die groot skare wat RDP se vergadering op Ondangwa in die Oshana-streek bygewoon het.
Op sy beurt het die party se sekretaris-generaal, mnr. Jesaja Nyamu, gesê vanjaar se verkiesings gaan van die vorige verkiesings verskil, want vir die eerste keer het Swapo ‘n ware opponent.

“Hulle het self besef dat daar tans twee bulle in die kraal is,” het hy gesê. Mnr. Nyamu, wat op 8 November ‘n vergadering by Outapi in die Omusati-streek toespreek het voordat geweldpleging tussen Swapo- en RDP-ondersteuners uitgebreek het, het gesê die RDP gaan nog ‘n vergadering op Omusati hou.

“Kort na die ongelukkige voorval op Outapi het ons baie oproepe gekry wat vra dat ons moet teruggaan. Ons gaan terug,” het hy onder groot applous gesê.

Hy het sy versoek herhaal dat die voorval deur ‘n onafhanklike liggaam ondersoek moet word sodat die nasie kan weet wat presies gebeur het en wie die opstokers was.

Die RDP se mnr. Ismael Shailemo het op sy beurt gesê dat om Swapo ‘n tweederdemeerderheid te gee, was soos om ‘n assegaai aan jou vyand te oorhandig.

“Swapo het sy tweederdemeerderheid gebruik om beesboerdery noord van die Rooilyn te vernietig. Ons beeste het en masse gevrek toe ons uit Kavango getrek het. Karkasse is oral langs die pad sigbaar, maar Swapo vra steeds ‘n tweederdemeerderheid om sy vernietigende werk voort te sit,” het mnr. Shailemo, wat ook die voorsitter is van die Mangetti Boerevereniging, gesê.

Hy het gesê waar Swapo se tweederdes onenigheid veroorsaak het, sal mnr. Hidipo Hamutenya die nasie verenig.