22.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


22 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

25.09.2009

‘Nujoma moet apologie aanteken’


DIE DTA van Namibië het sy misnoeë uitgespreek met die haatspraak- uitlatings wat die voormalige president van Namibië, mnr. Sam Nujoma, onlangs op ’n Swapo- vergadering op Ongwediva gemaak het.

Mnr. McHenry Venaani (foto), sekretaris-generaal van die DTA, het gesê die uitlating van mnr. Nujoma om “Engelsmanne met hamers oor die kop te slaan” kan nie toegelaat word nie.

“Ons kan nie langer haatspraak toelaat en verdra nie,” het mnr. Venaani aan verslaggewers gesê.

Hy is van mening dat Namibië sy goeie status in die internasionale gemeenskap verloor het as gevolg van hierdie tipe uitlatings.

Hy voer verder aan dat die President, mnr. Hifikepunye Pohamba, mnr. Nujoma moet versoek om apologie aan te teken, aangesien haatspraak onwettig in die land is.

“Brittanje het Namibië reeds op verskeie gebiede gehelp,” het mnr. Venaani gesê.

Mnr. Venaani het aan verslaggewers gesê dat uitlatings van haatspraak skokgolwe deur die internasionale gemeenskap stuur.

Dit het tot gevolg dat Namibië se geloofwaardigheid in die gedrang kom en dat lede van die internasionale gemeenskap wat Namibië van hulp was, nou terugstaan.

“Hierdie uitlatings het ’n negatiewe impak op die hele land,” het mnr. Venaani gesê.

Oor die feit dat in die res van die Swapo Party stilswye heers oor die uitlatings, het mnr. Venaani die vraag gevra of die party saamstem met dit wat mnr. Nujoma gesê het.

Die DTA eis van Swapo ’n verskoning oor die uitlatings deur mnr. Nujoma of die party moet homself van mnr. Nujoma distansieer. ”

Dit is nie aanvaarbaar van iemand met mnr. Nujoma se status om sulke haatspraak te uiter nie en hy het geen immuniteit nie,” het mnr. Venaani gesê.