22.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


22 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

24.11.2009

’n ‘Super etniese groep’ is gekweek, sê Nudo


DIE staat verdeel die beskikbare rykdom van die land op ’n hoogs eensydige manier terwyl die vernaamste deel reeds oneweredig deur die afstammelinge van koloniale heersers besit word.

Die verdeling pas die opvatting van ’n “super etniese groep” wat doelbewus gekweek word, het die president van Nudo, opperhoof Kuaima Riruako, Saterdag op die openbare vergadering van die party in Katutura gesê.

Hy het volgehou dat miljoeners en diegene met onbeperkte toegang tot sakeondernemings en opvoedkundige geleenthede net tussen een etniese groep gevind word. Hy wou weet of dit toevallig is. Volgens hom is dit nie toevallig nie en is dit ’n aanduiding van die mate waarin korrupsie endemies van die Swapo-regering geword het.

Opperhoof Ruriako sê korrupsie en diefstal van openbare bronne en geld is aan die orde van die dag onder die Swapo-regering.

Hy het verwys na N$100 miljoen by die Nasionale Ontwikkelingskorporasie, N$30 miljoen by die Maatskaplike Voorsorgfonds, N$3 miljoen by die Ministerie van Verdediging, N$100 miljoen by Nuctech en N$25 miljoen wat waarskynlik deur die regering aan die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK) geleen is.

“Dit is krimineel,” het hy gesê. Korrupsie is nie net diefstal van openbare geld nie, maar dit kan ook waargeneem word op die wyse waarop aanstellings in die staatsdiens gemaak word. In die land se buitelandse missies is 99 persent ambassadeurs, 85 persent permanente sekretarisse en 95 persent hoofde van semi-staatsinstellings, uitsluitlik van een etniese groep.

Die opperhoof het na dit as stamgebondenheid verwys. Hy het gesê Nudo ontvang krag en aanmoediging uit die inspirasie en vasbeslotenheid van die erfenis van wyle opperhoof Hosea Kutako. Om dit ignoreer, sal wees net soos enige politieke formasie wat aanspraak daarop maak om ’n kommunistiese party te wees, maar wat weier om Karl Marx te erken.

Hy het die gehoor gevra om vir Nudo te stem om die euwels van armoede, korrupsie, gesondheidsorg, werkloosheid en fundamentele menseregte aan te spreek. Opperhoof Riruaka het gesê die stryd teen koloniale besit en buitelandse heerskappy was oor die behoud van Namibiërs se basiese menseregte.

Die handves van regte wat in die Namibiese grondwet verskans is, is waardes en beginsels wat die Nudo-party onwrikbaar sal verdedig en beskerm. Hy het verder aangevoer dat na 20 jaar van onafhanklikheid dit teleurstellend is dat die verwagtinge van Namibiërs om verbetering van hul lewenstandaard te sien, hulle steeds ontwyk.

Hy het genoem dat ’n onlangse menslike ontwikkelingsverslag van die Verenigde Nasies aandui dat meer as 400 000 Namibiërs in uiterste armoede lewe en feitlik hongersnood in die gesig staar. Hy wou weet hoe dit moontlik kon wees wanneer al die natuurlike hulpbronne tot die beskikking van ’n Namibië met ’n bevolking van slegs twee miljoen mense is.

Volgens hom wys dit na die harde en wrede feit dat die Swapo-regering nie sy prioriteite reg inspan nie waar nasionale bronne verkwis word en nie bestee word waar dit dringend benodig word nie.

“Bronne is daar, maar dit word nie korrek gebruik of eweredig verdeel nie,” het hy gesê. Hy het belowe dat ’n Nudo-regering bekostigbare gesondheidsorg sy prioriteit sal maak aangesien net ’n gesonde nasie ontwikkelingsprojekte suksesvol kan onderneem.

Hy het gesê dat die land en sy burgers nie onder die Swaporegering veilig voel nie en beklemtoon dat vrede en politieke stabiliteit noodsaaklik is vir kulturele, maatskaplike en ekonomiese vordering.

Dit is polities noodsaaklik om verskille te aanvaar en verdraagsaamheid aan te moedig om demokratiese pluralisme as regeringstelsels te aanvaar. Hy het ’n beroep op kiesers gedoen om op 27 en 28 November met uiterste sorg en presiesheid hul kruisies te trek.

“Dit is jou eerste geleentheid om te verseker dat daar ’n verandering gaan wees by Staatshuis! Gaan stem in vrede en verseker stabiliteit, vooruitgang en welvarendheid. Stem vir Nudo.”