Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


8 Februarie 2012

Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

10.03.2010

‘Julle verteenwoordig almal’

Pohamba praat met nuwe Swapo NV-lede

© Hifikepunye-Pohamba
Pres. Hifikepunye Pohamba
PRES. Hifikepunye Pohamba het enige iemand wat ’n verkiesing ongeldig wil laat verklaar, bevraagteken.

“Kan u u voorstel dat iemand wat weet dat die verkiesings goed afgeloop het, vra dat dit ongeldig verklaar word? Kan so iets gesê word deur ’n patriot? As ons sien iets het iewers nie reg verloop nie, moet ons dit hanteer, maar nee, hy sê die verkiesings moet ongeldig verklaar word,” het Pres. Pohamba tydens die opening van Swapo se slypskool vir nuut verkose lede van die Nasionale Vergadering gesê.

Sy verwysing was duidelik gemik teen leiers van nege opposisiepartye wat verlede week onsuksesvol was in ’n regsgeding teen die Verkiesingskommissie vir growwe vergrype en nie-nakoming van die kieswet.

Die hof het egter nie besin oor die beskuldigings teen die Verkiesingskommissie nie omdat die saak op tegniese gronde deur die hof verwerp is.

Met die opening van die slypskool het Pres. Pohamba die aangewese Swapo NV-lede daarop gewys dat hulle die mense van die hele land sal verteenwoordig en nie bloot ’n enkele kiesafdeling nie, omdat nasionale verkiesings in Namibië op partylyste en proporsionele verteenwoordiging gegrond is.

“Kiesers het aan Swapo die mandaat gegee om voort te gaan en vir die volgende vyf jaar die land te regeer. Ons moet nie nou ons verantwoordelikhede afskud deur te sê dit is te veel werk nie.

“Dit is my verwagting dat Swapo nog vir die volgende vyftig jaar sal regeer omdat die mense vertroue in Swapo het,” het Pres. Pohamba gesê.

Hy het verduidelik dat die doel van die slypskool is om die nuwe lede te leer oor reëls en prosedures in die Huis en protokolle van die NV. Hy het hulle daarop gewys dat dit noodsaaklik is om wette te maak wat die gemeenskap se probleme en onregverdige praktyke sal dek.

“Dit is nie ’n taak wat ligtelik opgeneem moet word nie. Dit verg ernstige toewyding, deeglike voorbereiding vir debatte en om ingelig te wees oor kwessies wat in die Nasionale Vergadering bespreek word. Almal moet hul beste doen om die aspirasies van diegene wat julle verkies het, te artikuleer en dit in ekonomiese voordele om te skakel,” het Pres. Pohamba gesê.

Hy het ook ‘n ernstige vermaning gerig dat hy ‘n hoër gehalte van debattering verwag. Tyd moet bestee word aan kwessies wat die land kan verbeter en nie aan kwessies wat die debatte van koers sal stuur en weg van nasionale aangeleenthede nie.

“Soos ons die derde dekade van vryheid binnegaan, is ons demokratiese en wetgewende instansies stadig maar seker besig om wasdom te bereik. Ons verwag volwasse debatte in die Parlement oor sake om die land te bou, die ekonomie te versterk en die land op die pad van groei te plaas,” het Pres. Pohamba bygevoeg.

Hy sê hy het nou die dag gehoor van ‘n wet wat in 1936 gemaak is wat nog op die statuutboeke is. So ‘n wet is gemaak om die apartheidheersers te dien en moet onmiddellik gewysig of geskrap word.

Hy het vertel dat sedert hy nie meer ‘n lid van die Parlement is nie, maar buite staan, hy terugkyk en sien dat terwyl hy ‘n parlementslid was, daar heelwat dinge is wat hy kon gedoen het om aandag aan probleme te skenk.

Hy het die nuwe wetgewers gemaan om te lees, ook die wette wat deur Duitse kolonialiste gemaak is sodat wetgewing wat nie langer gepas is vir die Namibiese samelewing nie, geskrap kan word. Wetgewers is veronderstel om deur hul voorbeeld te lei deur onder meer integriteit, waardigheid, respek vir ander en selfrespek te betoon.

Hy het die nuwe NV-lede gemaan om op hul kleredrag te let en om, waar hulle hul ook in die land of die wêreld bevind, hulle soos waardige, gerespekteerde lede van die Parlement te gedra. Hy het ook ‘n waarskuwing gerig dat hulle moet onthou dat hulle op grond van die partylys in die NV is.

“Ek het gesien hoe sommige lede hulle in die parlement gedra asof hulle nie daar is op Swapo se kaartjie nie en sommer die Regering en die party kritiseer. Die party beskik oor reëls waarmee probleme wat ondervind word, hanteer kan word. Swapo het die reg om lede aan die NV te onttrek en dit moet julle onthou,” het Pres. Pohamba gesê.