22.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


22 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

24.11.2009

‘As hulle knoei, stop ons dit’

© Ellanie Smit
’n Deel van die skare wat Sondag in Katutura byeengekom het om na die toespraak van mnr. Henk Mudge, president van die RP, te luister.
DIE RepublikeinseParty (RP) het dit Sondag duidelik gemaak dat hy nie sal huiwer om die verkiesing te stop indien enige vorm van knoeiery plaasvind nie.

Volgens die president van die RP, mnr. Henk Mudge, is Swapo reeds besig om in die verkiesing te knoei aangesien die kieserslyste nie op standaard is nie. Hy het gesê dat Swapo basies sedert 1989 reeds met verkiesings knoei.

Mnr. Mudge het gesê dat alles moontlik gedoen sal word om knoeiery tydens die verkiesing te voorkom. Die ink wat tydens die verkiesing gebruik word en aan mense se vingers gesmeer word, sal getoets word en indien dit op enige wyse afgewas kan word, sal ’n hofbevel aangevra word om die verkiesing onmiddellik te staak.

Die rede vir die toets is om te verhoed dat mense meer as een maal kan stem. Ook sal die RP nie toelaat dat die party se agente soos vorige jare in ’n “ver hoek” moet sit en die stemproses waarneem nie, sê mnr. Mudge.

“Ons vertrou nie meer die Verkiesingskommissie nie. Hulle is vol van Swapoondersteuners.”

Voorts het hy gesê dat opposisiepartye gister sou vergader om probleme oor die kiesersrol te bespreek. Mense wat dood is, kinders wat jonger as 18 jaar is en mense wat na die registrasietydperk geregistreer het, se name is op die kieserslyste.

Daarbenewens het mnr. Mudge gesê dat Swapo na mag soek en ten alle koste sal sorg dat mag behou word sodat hulle in die posisie is om te steel en korrupsie te pleeg. Hy het ook verder oor die 48 bakkies uitgebrei wat Swapo onlangs aan tradisionele leiers geskenk het en gesê dit is ’n wyse van omkopery.

“Is ons mense dan werklik so omkoopbaar? Dit is tyd om Swapo in die bek te ruk en te sê ons sal nie meer omgekoop word nie.”

Intussen het mnr. Mudge oor grondhervorming uitgebrei en gesê dat Namibië moontlik dieselfde pad as Zimbabwe kan stap. Die Regering sal sowat 20 tot 25 hektaar grond aan Caprivianers en inwoners van die Kavango gee.

“Duisende hektaar grond sal steeds oorbly en onder die voorwendsel dat dit deel van grondhervorming is, sal die res opgedeel word en aan die Oshiwambo’s gegee word,” sê hy. Hy het Swapo uitgedaag om dit as onwaar te bewys. Dit is wat in die Wes-Caprivi gebeur het totdat die hof hul gekeer het, sê hy.

“As julle dink Swapo is oor julle bekommerd, vergeet daarvan. Vir Swapo is julle net stemme om beheer van die land te kry, niks anders nie,” het hy aan ondersteuners van die RP gesê.

Hy het bygevoeg dat indien Swapo die verkiesing vanjaar wen, dit die laaste maal sal wees. “Mense is moeg vir hul beloftes.”

Namibië het groot probleme alhoewel Swapo voorgee dat dit in die land goed gaan. “Die feit dat daar vrede en stabiliteit in die land is, is nie weens Swapo se toedoen nie. Daar was nog altyd vrede in ons land en ten spyte van Swapo is daar steeds vrede in Namibië.”

Hy skryf die huidige situasie van werkloosheid in die land aan twee redes toe, te wete Swapo het nie die verstandelike kapasiteit nie of is te moedswillig om te doen wat in Namibië nodig is. Namibië het bykans twee miljoen inwoners en oorgenoeg natuurlike hulpbronne sodat niemand aan armoede hoef te ly nie, het mnr. Mudge gesê.

“Die probleem is dat Swapo egter dink dat werkskepping uit die lug moet val. Die Regering is besig om maatreëls in te stel wat werkloosheid vererger en geen werk skep nie.”

Hy sê daar is net een oplossing om werk te skep en dit is om self projekte te begin. Elke dorp en nedersetting moet besoek word en arbeidsintensiewe projekte moet begin word. Die Regering hoor van allerhande neigings in die buiteland en wil dit dan in Namibië toepas, maar dink nie aan die gevolge nie, meen mnr. Mudge.

Hy het as voorbeeld na die rookwet verwys.

“Hoewel dit voordele het, is dit totaal oorbode. Daar moet eerder na Namibië se drankprobleem gekyk word. Om elke hoek en draai is ’n sjebeen. Soos mense hul geld verdien, drink hulle dit uit, maar ons kan eerder ’n land van dronkaards wees. Daarmee is daar geen probleem nie.”

Die RP sal volgende jaar die Regering opdraand oor sjebeens gee, want mense is besig om hulle arm te drink.

“Ons sal van Swapo so gou as moontlik ontslae moet raak voordat hulle ons land leeg drink.”