22.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


22 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

13.10.2009

‘Arm blankes’ is lafaards, beweer Jerry

© Placido Hilukilwa
Mnr. Jerry Ekandjo aan die woord.

DIE swartman se armoede is doelbewus deur kolonialiste veroorsaak. Dit is hoekom net swartmense arm is.

“Enige witmens wat arm is, is ’n lafaard,” het Swapo se hoof van inligting en mobilisering, mnr. Jerry Ekandjo, Saterdag gesê toe hy ’n massavergadering in die Oshakati-Wes kiesafdeling toegespreek het.

Hy het die Oshiwambo-woord “evaya” gebruik, wat beteken iemand wat nie respek verdien nie.

Hy het die geskiedenis van 106 jaar se koloniale onderdrukking geskets en gesê Namibiërs moes ’n rivier van bloed oorsteek om hulself te bevry.
© Placido Hilukilwa
Swapo-ondersteuners vertoon hul kleure op Oshakati.
“Vryheid het nie op ’n silwer skinkbord gekom nie. Ons het opofferings gemaak,” het mnr. Ekandjo benadruk.

Oor die opposisiepartye het mnr. Ekandjo gesê die Rally for Democracy and Progress (RDP) sal na vanjaar se verkiesings, net soos die CoD, van die politieke toneel verdwyn.

Oor die DTA het mnr. Ekandjo gesê die voormalige, amptelike opposisie is onherstelbaar verswak omdat hul afgod – die ou Suid- Afrikaanse regering – nie meer bestaan nie.

Die streekraadslid vir Oshakati- Wes en lid van die Nasionale Raad, mnr. Aaram Martin, het almal versoek om op 27 en 28 November te gaan stem.

“Daar sal voldoende stemlokale wees,” het hy gesê en bygevoeg dat hy nie ’n enkele bedorwe stembrief uit sy kiesafdeling wil sien nie.

Swapo se distrikkoördineerder, mnr. Eino Uudhila, het geregistreerde kiesers gewaarsku om nie met hul kieserskaarte rond te loop nie. “Kieserskaartjies moet tot stemdag toe veilig bewaar word,” het hy gesê.

’n Vooraanstaande Swapo-leier het by Saterdag se vergadering probeer om mnr. Sam Nujoma se nou berugte “Witmense is giftige slange” toespraak op Ongwediva te versuiker deur te sinspeel dat die oudpresident net Engelsmanne haat en nie alle witmense nie.

“Mnr. Nujoma het slegs oor Britte gepraat, maar die koerante het sy woorde verdraai en gesê hy haat alle witmense.

Koerante is gefrustreerd, maar hoe meer hulle probeer om Nujoma te beswadder, hoe meer vasbeslote word Swapo,” het die party se koördineerder in die Oshana-streek en burgemeester van Ongwediva, mnr. Erastus Uutoni, gesê. Koerante is volgens hom niks anders as werktuie van mislukte opposisie-politici nie.

Mnr. Martin, wat as voorsitter van die vergadering opgetree het, het verslaggewers kort na mnr. Uutoni se uitlatings in ’n duidelike skadebeheeroefening versoek om minstens regverdig in hul beriggewing te wees.