Zambiu00ebr sit 15 jaar vir verkragting
Zambiu00ebr sit 15 jaar vir verkragting

Zambiër sit 15 jaar vir verkragting

Gerine Hoff
’n Onwettige Zambiese immigrant is tot 15 jaar tronkstraf vir die verkragting van ’n minderjarige in 2013 gevonnis.
Die 33-jarige Nyambe Evans ­Manyando van die Kasalaza-­nedersetting in Zambië is verlede week deur landdros Bongani Ndlovu in die Katima Mulilo-streekhof gevonnis. Vyf maande is by sy vonnis gevoeg omdat hy Namibië nie by ’n wettige grenspos binnegekom het nie.
Volgens hofdokumente het Manyando op 12 November 2013 ’n vyfjarige meisie by die Tom-nedersetting in die Schukmansburg-gebied verkrag. Hy het in daardie gebied gewoon en was as ’n visserman in diens van die slagoffer se ouers.
In sy pleidooi het Manyando erken hy het op die betrokke dag dagga gerook en alkohol gedrink. Hy het gesê hy het besluit om te gaan rus in die hut waar sy slagoffer geslaap het, en toe besluit om seksuele omgang met haar te hê.
“Ek het geweet dit is onwettig om seks met die kind te hê omdat sy baie jonk was, en ook dat ek ’n kriminele misdaad pleeg waarvoor ek gestraf sou word,” het hy in sy pleidooi gesê.
In sy vonnisoplegging op 12 Julie, het Ndlovu gesê al het Manyando skuldig gepleit, het hy geen teken van berou getoon nie, en die minderjarige slagoffer moet lewenslank met die trauma leef.
Hoewel Manyando volgens Ndlovu om verskoning gevra en by die slag­offer se familie om vergifnis gesmeek het, het hy sy morele plig ontken om die slagoffer te beskerm en verkies om haar leed aan te doen.
“Buite ons moeder se baarmoeder is ons huis die enigste ander plek van veiligheid.
“Waarheen moet kinders gaan as hulle in die veiligheid van hul eie huis seksueel misbruik word? Die klaagster was maar ’n kleuter,” het Ndlovu gesê.
Manyando is deur Hope Ngara van die Regshulpsentrum verteenwoordig, terwyl Jatiel Mudamburi die staat verteenwoordig het. – Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!