Wyle Doc Immelman se laaste boek
Francoise Steynberg - Die bekende Namibiese skrywer Doc Immelman sou Saterdag 88 jaar oud gewees het en toevallig het sy verjaardag ook saamgeval met die vrystelling van die laaste van die 45 boeke uit sy pen tydens sy leeftyd.
“My pa se verjaardag val op 23 April. Hy is op 9 Maart 2013 in Windhoek oorlede,” skryf sy dogter, me. Lorraine Immelman.
Sy het laat weet haar pa se laaste boek,Die meisie op die bus en ander liefdesverhale, is nou op die rakke.
Immelman is alombekend vir sy avontuur- en jagverhale en in dié boek blom die liefde tussendeur al die avontuur.
Die humoristiese “Ses dooie bees langs die grensdraad” gaan oor twee verliefdes wat eers die jarelange vyandskap tussen hul vaders, wat ook bure is, moet blus alvorens hulle kan afhaak. “Tussenspel op Etosha” vertel die storie van ’n veldwagter wat graag die senator se dogter wil beïndruk. Maar dan stel die parkhoof hom lelik in die verleentheid om die kampvuur met allerhande stories oor hom.
Meer as 40 boeke het uit die meesterverteller Immelman se pen verskyn.
Sy liefde vir die natuur en mensekennis vind in byna al sy verhale neerslag – en sorg vir ’n tydlose soort ontspanningsliteratuur wat by gevestigde aanhangers van sy boeke sowel as nuwe lesers sal aanklank vind.
Dit is die eerste keer dat liefdesverhale van hom gebundel word en lesers sal nuuskierig wees oor hierdie genre in Immelman se skryfwerk.
Lesers wat hou van liefdesverhale met ’n goeie skoot avontuur, sal byval byDie meisie op die bus en ander liefdesverhale vind.
Meer inligting oor sy lewe en sy boeke is op sy webtuiste, www.docimmelman.com, te vinde.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie