Wêreldtoerismedag gevier
Die ministerie van die omgewing en toerisme het gister Wêreldtoerismedag herdenk wat sedert 1997 deur die Verenigde Nasies se Wêreldtoerisme-organisasie (UNWTO) gevier word. Die tema vir vanjaar is "Toerisme vir Almal - Bevordering van Unversele Toeganklikheid". Namibië het verlede jaar 1,5 miljoen buitelandse reisigers ontvang van wie 1,3 miljoen toeriste was. Ondanks verskeie uitdagings wat die toerismebedryf in die gesig staar soos renosterstropery, is die 71,1% kamerbesetting by akkommodasie-inrigtings in Augustus ’n nuwe rekord vir die toerismebedryf in die afgelope tien jaar. Die direkteur van toerisme, dr. Sem Shikongo, het rolspelers gister daaraan herinner dat toerisme almal se verantwoordelikheid is. Foto Tanja Bause
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie