Windhoekers spaar nie genoeg water
Windhoekers spaar nie genoeg water

Windhoekers spaar nie genoeg water

Swakoppoortdam se watergehalte raak problematies
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Windhoekers kon sedert die begin van Augustus nie die 30%-merk bereik wat waterbesparings betref nie. Terselfdertyd blyk dit dat minstens 40% bespaar moet word om die volgende reënseisoen te bereik en om ’n kans te gee vir water om sentrale damme binne te vloei.
Me. Lydia Amutenya, woordvoerder van die Windhoekse ­munisipaliteit, het gister gesê die munisipaliteit doen ’n beroep op inwoners om
meer moeite te doen om water te bespaar.
“Ons glo dat die 40%-teiken vir besparings haalbaar is, mits ons almal saamwerk,” het sy gesê.
’n Ingeligte bron het vroeër vandeesmaand aan Republikein gesê terselfdertyd het die gehalte van die Swakoppoortdam se water soveel verswak dat Windhoek, indien die suiweringsproses nie aangepas kan word nie, in die kort termyn moontlik sonder dié reserwe sal moet klaarkom.
Die bron het ook gesê ’n rekenaarprogram dui aan dat Windhoek se driedamstelsel teen Desember kan opdroog, maar met die agteruitgang van Swakoppoortdam se water, kan dié datum vervroeg.
Die doel is om die beskikbare water in die damme tot April 2017 te laat hou.
Windhoekers het in Julie sowat 34% water bespaar, nadat stadsbewoners op die beste 35% water in die laaste week van Junie bespaar het. Dit is die meeste water wat sedert die begin
van die waterkrisis bespaar is, alhoewel die Windhoekse munisipale mikpunt van 40% nog nooit bereik is nie.
Intussen het gesamentlike watervlakke in die Von Bach-, Swakoppoort- en Omatakodam gesamentlik met 0,432 Mm³ sedert verlede week gesak en staan dit tans op ’n gemiddeld van 9,2% (14,338 Mm³). Die Von Bachdam is die volste dam onder die drie en hou tans sowat 18,6% (9,026 Mm³) water, gevolg deur die Swakoppoortdam wat 8,2% (5,227 Mm³) water oor het. Die Omatakodam het nog 0,2% water oor.
Die damverslae dui ook aan wateroorplasings tussen die Swakoppoort- en die Von Bachdam is in die tweede week van Augustus gestaak.
Die Friedenaudam is tans 28,1% (1,887 Mm³) vol, met die Goreangabdam wat 3,630 Mm³ water bevat en 100,2% vol is.
Die Otjiverodam is tans 38,3% vol (3,760 Mm³), gevolg deur die Daan Viljoendam wat 34% (0,146 Mm³) vol is en die Tilda Viljoendam wat 29,2% (0,357 Mm³) water hou.
Die Hardapdam het nog 33,3% (98,034 Mm³) water, terwyl die Nautedam nog 82,8% (69,183 Mm³) vol is. Die Oanobdam staan op 30,9% (10,649 Mm³). Die Olushandadam is 30,2% vol en bevat 12,764 Mm³ water.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!