Welwitschia onder Sanlam se vlerk
Jo-Maré Duddy
Bank Windhoek Holdings (BWH) het gister in ’n aankondiging op die Namibiese aandelebeurs (NSX) gesê 100% van sy aandele in Welwitschia Insurance Brokers (WIB) is by Sanlam Namibia Holdings “geherposisioneer”.
Dié stap is deel van BWH se “strategiese hersieningsproses”, sê die groep.
“BWH het veranderinge in die bedryf in aanmerking geneem en bepaal hoe om WIB en die groter groep die beste te posisioneer om relevant in die mark te bly, potensiaal ten volle te ontwikkel en voortgesette volhoubaarheid te verseker,” lui die aankondiging.
BWH het dus met Sanlam Namibia Holdings in dié verband onderhandel. Die herposisionering van WIB by Sanlam is op 10 Augustus deur die Namibiese Mededingingskommissie (NaCC) goedgekeur en geld vanaf 1 Julie 2016.
BWH het ’n belang van 29,5% in Sanlam Namibia. Die groep se aandeelhouding in Sanlam Namibia word nie deur die transaksie geraak nie.
Finansiële resultate vir die jaar tot einde Junie 2016 wat verlede week vrygestel is, toon BWH het ’n wins ná belasting van bykans N$905,1 miljoen gemaak, 20,2% meer as die vorige jaar se sowat N$753 miljoen.
BWH is op die plaaslike indeks van die NSX genoteer en het gister op N$17,45 per aandeel gesluit, dieselfde as die vorige dag.
Intussen het FNB Namibia Holdings, die enigste ander finansiële dienstegroep wat op die plaaslike indeks genoteer is, Woensdag ’n omsigtigheidsaankondiging op die NSX gemaak waarin die groep sê dit is besig met onderhandelinge. Indien suksesvol kan dié onderhandelinge ’n uitwerking op FNB se aandeelpryse hê, sê die groep.
FNB het gister op N$48,01 per aandeel geëindig, dieselfde as die vorige dag.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie