Waterkrisis by HTS afgeweer

Toevoer tot vyf uur per dag beperk
Augetto Graig
Augetto Graig - ’n Waterkrisis by die Hoër Tegniese Skool (HTS) in Windhoek is ter elfder ure afgeweer, kort voordat leerlinge vandag by ’n somerskool inval om vir die jaareind­eksamen voor te berei.
Die skool sowel as die koshuis se watertoevoer is Donderdag deur die Windhoekse munisipaliteit afgesny, met die direkteur van onderwys vir die Khomasstreek, mnr. Gerhard Vries, wat moes ingryp om ’n waterkrisis te vermy.
Ongeveer 220 graad 12-leerlinge woon van vandag af klasse by die skool by, terwyl 160 leerlinge in die koshuis tuisgaan. Volgens die koshuis se superintendent, mnr. Wouter Louw, is die watertoevoer weens oormatige gebruik afgesny. ’n Ooreenkoms is Vrydag tussen die ministerie van onder­wys, kuns en kultuur en die munisipaliteit gesluit om die krane vir die duur van die somerskool weer oop te draai.
Volgens Louw het die skool en koshuis, wat sowat 400 leerlinge, onderwysers en personeel huisves, net op sekere tye toegang tot water en wel vanaf 05:00 tot 06:00, 09:30 tot 10:30, 13:00 tot 14:00 en weer van 17:00 tot 19:00.
“Die watertoevoer is aan, maar in elke periode van 24 uur kan die krane net vir vyf ure oopgedraai word.” Volgens Louw is daar nóg skole en koshuise, soos onder meer Augustineum,­ waar die munisipaliteit krane weens oormatige waterverbruik wil toedraai.
Hy het voorts gesê HTS poog deur die jaar om lekkende krane en stukkende pype te herstel. Die afdeling verantwoordelik vir instandhouding by die ministerie van werke en vervoer was volgens Louw al 12 keer by die skool om lekkasies te herstel.
“Danksy hulp van die Academia-­buurtwag het ons ook gratis die dienste van Central Technical Supplies­ bekom om die swaai­skakelaars in ons waterreservoir reg te maak.
“Dié werk is Vrydag voltooi sodat die water nie meer oormatig uitvloei nie en dit outomaties beheer word. In die verlede moes ons self die pomp met die hand afskakel.”
“Gelukkig het ons halfgesuiwerde water vir die rugbyveld. Ons het ook met mnr. Dieter Tolke van die munisipaliteit gepraat en hy gaan ons help om ons waterverbruik by die koshuis te monitor. Huidig neem ons daagliks om 08:00 rekord van ons verbruik, totdat ons die aanvaarbare vlak kan bereik,” het Louw gesê.
Tolke was Vrydagoggend aanvanklik nie bereid om weer die watertoevoer na die skool en koshuis te herstel alvorens hy ’n plan vir beter water­besparing van die skool gekry het nie. Hy het in ’n onderhoud met Republikein verwys na ’n lys skole en sportgeriewe wat almal oor dieselfde kam geskeer gaan word omdat hulle “drinkwater misbruik”. Met verwysing na HTS het Tolke gesê hy sou sonder hul samewerking nog strenger­ opgetree het. “Ons doen dit (die herstel van water­toevoer) net as die ministerie aan basiese vereistes voldoen,” het hy gesê.
Die direkteur van onderwys vir die Khomasstreek, mnr. Gerhard Vries, het ’n skrywe aan Tolke gerig waarin hy gesê het die skool sal ’n plan vir die vermindering van sy ­waterverbruik aan die munisipaliteit verskaf.
Volgens nuwe waterbesparingsmaatreëls wat vroeër deur die kabinet goedgekeur is, moet alle ministeries, agentskappe en kantore van die regering hul instandhoudingsbegroting gebruik om lekkasies en stukkende pype te herstel. Dit moet in samewerking met die Windhoekse ­munisipaliteit gedoen word. Water­beamptes moet ook aangestel word om waterverbruik te monitor en water­pype vir enige lekkasies te ondersoek.
Personeel moet voorts opleiding in waterbestuur- en besparing ontvang, terwyl ’n veldtog oor ­waterbesparing beplan word vir Windhoek en ook ander dorpe wat geraak word deur watertekorte. Die ministerie van landbou, water en bosbou is ook be­opdrag om inspeksies by alle ­openbare instellings in die land te doen.

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.88 | EUR to NAD 20.44 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.95 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.28 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.95 | USD to ZMW 24.77 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 225.05/OZ UP +1.57% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.09% | Zinc US$ 2 453.40/T DOWN -0.13% | Brent Crude Oil US$ 87.37/BBP UP +1.14% | Platinum US$ 908.10/OZ UP +1.48% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.88 | EUR to NAD 20.44 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.95 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.28 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.95 | USD to ZMW 24.77 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 225.05/OZ UP +1.57% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.09% | Zinc US$ 2 453.40/T DOWN -0.13% | Brent Crude Oil US$ 87.37/BBP UP +1.14% | Platinum US$ 908.10/OZ UP +1.48%