WAP bou momentum op
Windhoek Afrikaanse Privaatskool se eerste rugbyspan het Saterdag in die Hage Geingob-stadion agt drieë teen die besoekende span van Tsumeb Gimnasium ingeryg om hul FNB Classic Clashes wedstryd met 58-12 te wen.
Die Affies het met dié uitslag boonop verseker dat hulle in die topvyf van die Momentum onder 19 premierliga sal klaarmaak.
Dit het hulle laat kwalifiseer vir die Superliga kwarteindstryd – waarskynlik teen Namib Diesel Walvisbaai Privaat Hoërskool (vierde).
Die FNB Classic Clashes speler van die wedstryd en die Vigo Hero is onderskeidelik aan Stefan Hattingh en Sunelle Ludwig van WAP gegaan.
Hierdie was die laaste rugbywedstryd van die 2016 FNB Classic Clashes-reeks. Hoewel die kragmeting ’n tydjie geneem het om momentum te kry, het WAP die eerste drie aangeteken. Die seuns van WAP het nadat hulle eers bloed geruik het, daarin geslaag om met uitstekende rugby die waarderende toeskouers te vermaak.
• Een wedstryd in die Momentum o.19 Superliga word vandag gespeel, wanneer Ricoh Windhoek Gimnasium se eerste span by dié skoolveld teen die einste Windhoek Affies opgeweeg word (afskoptyd om 16:00).
Die ander bestemde wedstryd is egter van die baan, ná Windhoek Gimnasium se strategiese besluit om ligapunte oor te gee voor hul besoek aan Samsung WHS I by Vegkop.
Gimmies II en WHS II kan beide nie meer die topvyf in die premierliga haal nie en is dus bestem dat hul paaie moontlik in die o.19A-liga se uitklopwedstryde kan kruis.
Gimmies se eerste span, die Leeus, sal komende Saterdag op hul tuisveld ’n harde toets teen die onoorwonne Supersand Elnatan hê. Afrigter Vince Dreyer het dus verkies om sy spelersgroep, insluitend die reserwes, vars vir die Stampriet-span se besoek te hou.
“Ons is waar ons wil wees met (die ontwikkeling van) ons tweede span en hulle sal om die A-liga meeding,” het Dreyer gister gesê.
SOKKER
Die laaste sokkerwedstryde van die 2016-reeks sal komende Vrydag tussen die Sekondêre Skole Ongha en Nehale plaasvind wanneer hulle om 14:00 by Ongha op die veld stap. Die volgende dag om 12:00 kom Okatana en Haudano Sekondêre Skole aan die beurt wanneer hulle vir oulaas by Okatana slaags raak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie